1 SAMUEL 6:1-13
1 SAMUEL 6:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die ark van die Here sewe maande in Filistynse gebied was, het die Filistyne hulle priesters en waarsêers ontbied en gevra: “Wat moet ons met die ark van die Here doen? Sê vir ons hoe ons dit na sy eie plek toe kan terugstuur.” En hulle het geantwoord: “As julle die ark van die God van Israel terugstuur, moet julle dit nie sommerso terugstuur nie. Julle moet dit teruggee met 'n behoorlike geskenk daarby. Dan sal julle gesond word en weet waarom sy hand so swaar op julle gebly het.” Die Filistyne vra hulle toe: “Watter geskenk moet ons daarmee saamstuur?” en hulle antwoord: “Goue afbeeldings van vyf pesswere en van vyf muise, volgens die getal Filistynse regeerders, want die plaag was een en dieselfde vir almal, ook vir die regeerders. Maak afbeeldings van julle swere en van die muise wat die land verniel het, en gee eer aan die God van Israel; miskien sal sy hand dan nie langer swaar op julle lê nie, ook nie op julle gode en op julle land nie. Waarom sou julle hardkoppig bly soos die Egiptenaars en die farao hardkoppig was? Toe God hulle laat swaarkry het, het hulle uiteindelik die Israeliete laat gaan dat hulle kon wegtrek. “Maak dan nou 'n nuwe wa en vat twee koeie wat in die melk is en nog nie ingespan was nie. Span hulle in voor die wa en keer hulle kalwers af kraal toe. Vat dan die ark van die Here en sit dit op die wa. Die goue voorwerpe wat julle as geskenk aan die Here gee, moet julle langs die ark in 'n kissie neersit. Los dan die wa dat hy loop. En let op: as dit met die pad langs na sy gebied toe in Bet-Semes gaan, dan het die Here ons hierdie groot kwaad aangedoen. So nie, dan weet ons dat dit nie Hy was nie; dan was dit maar iets wat toevallig gebeur het.” Die Filistyne het dit toe gedoen. Hulle het die twee koeie gevat en voor die wa ingespan en hulle kalwers in die kraal gehou, en die ark van die Here op die wa gesit, ook die kissie met die goue muise en die afbeeldings van die swere. Die koeie het reguit met die pad langs na Bet-Semes toe geloop, bulk-bulk al met die grootpad langs. Hulle het nie links of regs weggedraai nie, terwyl die Filistynse regeerders agter hulle aan geloop het tot by die gebied van Bet-Semes. Die mense van Bet-Semes was besig om koring te oes in die laagte, en toe hulle opkyk, sien hulle die ark. Hulle was bly om dit te sien.
1 SAMUEL 6:1-13 Bybel vir almal (ABA)
Die kis van die Here was sewe maande lank in die land van die Filistyne. Toe het die Filistyne hulle priesters en waarsêers geroep en vir hulle gevra: “Wat moet ons doen met die kis van die Here? Sê vir ons wat ons moet saamstuur wanneer ons dit terugstuur na sy plek.” Die priesters en die waarsêers het gesê: “Julle moenie die kis van die God van Israel terugstuur en niks daarmee saamstuur nie. Julle moet vir Hom 'n skuld-offer saam met die kis stuur. Dan sal julle gesond word en dan sal julle weet hoekom Hy julle so swaar laat kry het.” Die Filistyne het gevra: “Wat is die skuld-offer wat ons vir Hom moet stuur?” En die priesters en waarsêers het gesê: “Julle moet vyf goue sere en vyf goue muise saamstuur, want die Filistyne het vyf leiers en hulle was almal ook siek soos julle. Julle moet beelde van die sere maak en ook beelde van die muise wat alles in die land opvreet, en julle moet dit vir die God van Israel gee om Hom te eer. Miskien sal Hy julle en julle gode en julle land dan nie meer laat swaarkry nie. Julle moenie wees soos die Egiptenaars en die farao nie. Hulle was hardkoppig, maar toe die Here hulle laat swaarkry, het hulle die Israeliete laat gaan. Dit is wat julle nou moet doen: Julle moet 'n nuwe wa neem en twee koeie wat kalwers het en wat nog nooit 'n wa getrek het nie. Die koeie moet die wa trek, en julle moet die kalwers by die huis hou. Dan moet julle die kis van die Here neem en julle moet dit op die wa sit. Julle moet die goue goed in die wa-kis sit langs die kant van die wa. Die goue goed is die skuld-offer wat julle moet saamstuur. Dan moet julle die wa en die koeie laat gaan. Julle moet kyk waarnatoe die koeie en die wa gaan. As die wa gaan na die stad Bet-Semes in die land van die Here, dan sal ons weet dit is die Here wat ons so swaar laat kry het. As die wa nie daarnatoe gaan nie, dan sal ons weet dit is nie die Here wat ons laat swaarkry het nie, dit het sommer met ons gebeur.” Die manne het dit toe gedoen. Hulle het twee koeie geneem wat kalwers het. Die koeie het die wa getrek, en die manne het die kalwers by die huis laat bly. Hulle het die kis van die Here op die wa gesit en hulle het die goue muise en die beelde van die sere in die wa-kis gesit. Die koeie het reguit geloop op die pad na Bet-Semes toe. Hulle het op die pad gebly en hulle het aangehou om te bulk. Hulle het nie links of regs gedraai nie, en die leiers van die Filistyne het agter hulle geloop tot waar die grond van Bet-Semes begin. Die mense van Bet-Semes was besig om koring af te sny in die vallei. Toe hulle opkyk en hulle sien die kis, was hulle baie bly.
1 SAMUEL 6:1-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe die ark van die HERE sewe maande lank in die land van die Filistyne was, het die Filistyne die priesters en die waarsêers geroep en gesê: Wat moet ons met die ark van die HERE doen? Gee ons te kenne waarmee ons dit na sy plek kan wegstuur. En hulle sê: As julle die ark van die God van Israel wegstuur, stuur dit dan nie leeg weg nie, maar gee Hom ten volle 'n skuldoffer terug; dan sal julle gesond word, en dit sal julle bekend word waarom sy hand nie van julle wyk nie. Toe vra hulle: Wat is die skuldoffer wat ons Hom moet teruggee? En hulle sê: Volgens die getal van die vorste van die Filistyne: vyf goue geswelle en vyf goue muise, want dit is een plaag oor hulle almal en oor julle vorste. Maak dan beelde van julle geswelle en beelde van julle muise wat die land verniel, en gee eer aan die God van Israel; miskien sal Hy sy hand ligter maak oor julle en julle gode en julle land. Waarom tog sal julle jul hart verhard soos die Egiptenaars en Farao hulle hart verhard het? Het hulle hul nie losgelaat om weg te trek toe Hy hulle sy mag laat voel het nie? Neem dan nou wat nodig is en maak 'n nuwe wa; ook twee melkkoeie waar geen juk op gekom het nie; span dan die koeie in voor die wa en keer hulle kalwers agter hulle weg huis toe. Neem dan die ark van die HERE en sit dit op die wa, en die goue voorwerpe wat julle Hom as skuldoffer teruggee, moet julle in 'n kissie langsaan neerlê; stuur dit dan weg om heen te gaan. En let op: As dit in die rigting van sy eie gebied na Bet-Semes opgaan, dan het Hy ons hierdie groot onheil aangedoen; maar so nie, dan weet ons dat sy hand ons nie getref het nie: dit het toevallig oor ons gekom. Die manne doen toe so: hulle het twee melkkoeie geneem en dié voor die wa gespan en hulle kalwers by die huis agtergehou. En hulle het die ark van die HERE op die wa gesit en die kissie met die goue muise en die beelde van hulle geswelle. En die koeie het reguit padlangs geloop in die rigting van Bet-Semes; hulle het op die een grootpad aldeur geloop en bulk sonder om regs of links uit te draai, terwyl die vorste van die Filistyne agter hulle aan gaan tot by die grens van Bet-Semes. En die mense van Bet-Semes was juis besig om die koringoes af te sny in die laagte. Toe hulle dan hul oë opslaan en die ark gewaar, was hulle bly om dit te sien.
1 SAMUEL 6:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die ark van die Here sewe maande in Filistynse gebied was, het die Filistyne hulle priesters en waarsêers ontbied en gevra: “Wat moet ons met die ark van die Here doen? Sê vir ons hoe ons dit na sy eie plek toe kan terugstuur.” En hulle het geantwoord: “As julle die ark van die God van Israel terugstuur, moet julle dit nie sommerso terugstuur nie. Julle moet dit teruggee met 'n behoorlike geskenk daarby. Dan sal julle gesond word en weet waarom sy hand so swaar op julle gebly het.” Die Filistyne vra hulle toe: “Watter geskenk moet ons daarmee saamstuur?” en hulle antwoord: “Goue afbeeldings van vyf pesswere en van vyf muise, volgens die getal Filistynse regeerders, want die plaag was een en dieselfde vir almal, ook vir die regeerders. Maak afbeeldings van julle swere en van die muise wat die land verniel het, en gee eer aan die God van Israel; miskien sal sy hand dan nie langer swaar op julle lê nie, ook nie op julle gode en op julle land nie. Waarom sou julle hardkoppig bly soos die Egiptenaars en die farao hardkoppig was? Toe God hulle laat swaarkry het, het hulle uiteindelik die Israeliete laat gaan dat hulle kon wegtrek. “Maak dan nou 'n nuwe wa en vat twee koeie wat in die melk is en nog nie ingespan was nie. Span hulle in voor die wa en keer hulle kalwers af kraal toe. Vat dan die ark van die Here en sit dit op die wa. Die goue voorwerpe wat julle as geskenk aan die Here gee, moet julle langs die ark in 'n kissie neersit. Los dan die wa dat hy loop. En let op: as dit met die pad langs na sy gebied toe in Bet-Semes gaan, dan het die Here ons hierdie groot kwaad aangedoen. So nie, dan weet ons dat dit nie Hy was nie; dan was dit maar iets wat toevallig gebeur het.” Die Filistyne het dit toe gedoen. Hulle het die twee koeie gevat en voor die wa ingespan en hulle kalwers in die kraal gehou, en die ark van die Here op die wa gesit, ook die kissie met die goue muise en die afbeeldings van die swere. Die koeie het reguit met die pad langs na Bet-Semes toe geloop, bulk-bulk al met die grootpad langs. Hulle het nie links of regs weggedraai nie, terwyl die Filistynse regeerders agter hulle aan geloop het tot by die gebied van Bet-Semes. Die mense van Bet-Semes was besig om koring te oes in die laagte, en toe hulle opkyk, sien hulle die ark. Hulle was bly om dit te sien.
1 SAMUEL 6:1-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die ark van die HERE sewe maande in die Filistynse gebied was, het die Filistyne die priesters en waarsêers ontbied en gesê: “Wat moet ons met die ark van die HERE maak? Maak aan ons bekend waarmee ons dit na sy plek toe moet terugstuur.” Hulle het geantwoord: “As julle die ark van die God van Israel terugstuur, moet julle dit nie sonder iets terugstuur nie, maar julle moet dit beslis met skadevergoeding vir die HERE laat teruggaan. Dan sal julle gesond word en dit sal vir julle duidelik word waarom sy hand nie van julle wyk nie.” Die Filistyne vra toe: “Wat is die skadevergoeding wat ons vir Hom moet terugstuur?” Hulle antwoord was: “In ooreenstemming met die getal Filistynse heersers, vyf swelsels van goud en vyf muise van goud, want een en dieselfde plaag het julle almal en ook al julle regeerders getref. Maak dan nou afbeeldings van julle swelsels en van die muise wat julle land verniel en betoon daardeur eer aan die God van Israel. Miskien maak Hy dan sy hand ligter oor julle, julle gode en julle land. Waarom sou julle onversetlik wees soos die Egiptenare en die farao onversetlik was? Was dit nie toe die HERE hulle vir die gek gehou het, dat hulle die Israeliete laat gaan het, en hulle getrek het nie? Kry dan nou 'n nuwe wa gereed, asook twee koeie in die melk wat nog nie onder die juk was nie. Span die koeie dan voor die wa in, maar keer hulle kalwers agter hulle weg huis toe. Neem dan die ark van die HERE en plaas dit op die wa. Die goue voorwerpe wat julle vir die HERE as skadevergoeding teruggee, moet julle langsaan in 'n saalsak neersit. Stuur die ark dan weg, laat dit gaan; maar hou dit dop: As dit met die pad na sy gebied opgaan, na Bet-Semes toe, is dit Hy wat hierdie groot ramp oor ons gebring het. Indien nie, sal ons weet dat dit nie sy hand was wat ons getref het nie; dit het dan toevallig met ons gebeur.” Die manne het toe so gemaak. Hulle het twee koeie wat in die melk was, geneem en voor 'n wa ingespan, maar hulle kalwers is teruggehou by die huis. Hulle het die ark van die HERE op die wa gesit, en ook die saalsak met die goue muise en die afbeeldings van hulle swelsels. Die koeie het met die pad langs reguit in die rigting van Bet-Semes geloop. Met die een hoofpad het hulle geloop, al bulkende, maar hulle het nie links of regs afgedraai nie, terwyl die Filistynse heersers agter hulle aan loop tot by die grens van Bet-Semes. Die mense van Bet-Semes was besig om die koringoes in die vallei in te samel. Toe hulle opkyk, sien hulle die ark. Hulle was bly om dit te sien.
1 SAMUEL 6:1-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die ark van die HERE was sewe maande lank in die land van die Filistyne. En die Filistyne het die priesters en die waarsêers geroep en gesê: Wat moet ons met die ark van die HERE doen? sê vir ons waarmee ons dit na sy plek sal stuur. En hulle het gesê: As julle die ark van die God van Israel wegstuur, stuur dit nie leeg nie; maar gee hom in elk geval 'n skuldoffer terug; dan sal julle gesond word, en dit sal aan julle bekend word waarom sy hand nie van julle af weggeneem is nie. Toe sê hulle: Wat sal die skuldoffer wees wat ons aan hom moet teruggee? Hulle het geantwoord: Vyf goue slokdiere en vyf goue muise, volgens die getal van die vorste van die Filistyne, want een plaag was oor julle almal en oor julle HERE. Daarom moet julle beelde maak van julle slypers en beelde van julle muise wat die land verwoes; en julle moet aan die God van Israel eer gee; miskien sal Hy sy hand van julle en van julle gode en van julle land af verlig. Waarom verhard julle dan julle harte soos die Egiptenaars en Farao hulle harte verhard het? Toe Hy wonderbaarlik onder hulle gewerk het, het hulle nie die volk laat trek en hulle weggetrek nie? Maak dan nou 'n nuwe wa en neem twee melkkoeie waarop geen juk gekom het nie, en bind die koeie aan die wa en bring hulle kalwers van hulle huis toe. En neem die ark van die HERE en sit dit op die wa neer; en sit die goue juwele wat julle hom as skuldoffer teruggee, in 'n kissie langsaan; en stuur dit weg, dat dit kan gaan. En kyk, as dit opgaan met die pad van sy eie kusgebied na Bet-Semes, dan het hy ons hierdie groot onheil aangedoen; maar so nie, dan sal ons weet dat dit nie sy hand is wat ons getref het nie; dit was 'n kans wat gebeur het vir ons. En die manne het so gedoen; en twee melkkoeie geneem en dit aan die wa vasgemaak en hulle kalwers by die huis opgesluit. En hulle het die ark van die HERE op die wa neergelê, en die kissie saam met die goue muise en die beelde van hulle slyphorings. En die koeie het die reguit pad gevat na die pad van Bet-Semes en op die grootpad gegaan, terwyl hulle gesak het, en nie regs of links afgedraai nie; en die vorste van die Filistyne het agter hulle aan getrek tot by die grens van Bet-Semes. En die van Bet-Semes was besig om hul koring-oes in die dal te oes, en hulle het hul oë opgeslaan en die ark gesien en was bly om dit te sien.
1 SAMUEL 6:1-13 Die Boodskap (DB)
Die ark van die Here was sewe maande in die Filistyne se gebied, toe laat die Filistyne hulle priesters en waarsêers kom en vra vir hulle: “Wat moet ons doen met die ark van die Here? Sê vir ons waarmee ons hom moet terugstuur na sy plek toe.” Die waarsêers antwoord hulle: “As julle die ark van die God van Israel terugstuur, moet julle dit net nie sonder ’n geskenk terugstuur nie. Julle móét die God van Israel iets gee vir die skade; dan kan julle dalk gesond word en agterkom waarom Hy julle so swaar laat kry.” Hulle vra toe: “Waarmee moet ons vir die skade betaal?” Die waarsêers antwoord: “Met vyf goue swere en vyf goue rotte, want daar is vyf Filistynse regeerders, en dieselfde plaag het julle en julle vyf regeerders getref. Maak beeldjies van die swere en van die rotte wat julle land verniel, en erken só dat die God van Israel ’n magtige God is. Miskien sal Hy julle en julle gode en julle land dan nie meer laat swaarkry nie. Moenie hardkoppig wees soos die Egiptenaars en die farao nie. God het hulle in die woestyn laat swaarkry, toe móés hulle die Israeliete laat trek. Kry ’n nuwe wa reg en twee koeie wat in melk is, maar wat nog nooit ingespan is nie. Span die koeie voor die wa, maar keer die kalwers af stal toe. Vat die ark en sit dit op die wa. Sit dan die goue beeldjies waarmee julle die God van Israel betaal vir die skade, in ’n sak langs die kis. Los dan die wa en kyk waarheen die koeie loop. As hulle na die plek toe gaan waar die ark vandaan kom, na Bet-Semes se kant toe, dan weet ons dit is die God van Israel wat hierdie groot moeilikheid oor ons gebring het. As hulle nie daarheen loop nie, dan weet ons dat dit nie Hy was wat ons so hard geslaan het nie, maar dat dit bloot toevallig met ons gebeur het.” Hulle het toe so gemaak. Hulle span twee koeie wat in melk is, voor die wa en hou die kalwers op stal. Hulle sit die ark van die Here op die wa en ook die sak met die goue rotte en die beeldjies van die swelsels. Die koeie het reguit na Bet-Semes toe geloop. Hulle het geloop en bulk, maar al die tyd padlangs gehou sonder om links of regs af te draai. Die regeerders van die stadstate het agter die wa aangeloop tot by die grens van Bet-Semes. Die mense van Bet-Semes was in die vallei besig om koring te oes. Toe hulle opkyk en die ark op die wa sien, was hulle bly.
1 SAMUEL 6:1-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die ark van die HERE was sewe maande lank in die land van die Filistyne. Toe roep die Filistyne hulle priesters en waarsêers bymekaar en vra vir hulle: “Wat moet ons doen met die ark van die HERE? Sê vir ons hoe ons dit na sy eie plek toe kan terugstuur.” Die priesters en waarsêers het gesê: “Wanneer julle die ark van die God van Israel terugstuur, moet julle dit nie net so terugstuur nie. Stuur ’n skuldoffer daarmee saam. Wanneer julle gesond word, sal julle weet dat dit Hy was wat julle so swaar getref het.” “Watter soort skuldoffer moet ons stuur?” vra die Filistyne. “Aangesien die plaag julle en julle vyf heersers getref het,” antwoord hulle, “moet julle vyf goue swere en vyf goue muise maak, net soos dié wat julle land laat swaarkry het. Sodoende sal julle eer betoon aan die God van Israel. Dalk sal Hy dan ophou om julle, julle gode en julle land te teister. “Moenie hardkoppig en opstandig wees soos die farao en die Egiptenaars was nie. Hulle wou Israel nie toelaat om te gaan nie totdat God hulle met verskriklike plae getref het. “Bou nou ’n nuwe wa en kry twee koeie wat pas gekalf het en nog nooit ingespan is nie. Span die koeie in, maar hou hulle kalwers op hok. Sit die ark van die HERE op die wa. Julle moet die goue muise en swere in ’n houer sit en dit langs die ark op die wa laai. Dan moet julle die koeie toelaat om te gaan waar hulle wil. As hulle oor ons land se grens gaan in die rigting van Bet-Semes, sal ons weet dit was die HERE wat hierdie groot ramp oor ons gebring het. As hulle nie soontoe gaan nie, sal ons weet dat die plaag blote toeval was en dat dit glad nie die HERE was wat dit gestuur het nie.” Hierdie voorskrifte is uitgevoer. Twee koeie met pasgebore kalwers is voor die wa ingespan en hulle kalwers is op hok gesit. Die ark van die HERE en die kis met die goue muise en swere is op die wa gelaai. En sowaar, daar gaan die koeie reguit met die pad na Bet-Semes toe terwyl hulle loop en bulk! Die Filistynse heersers het hulle tot by die grens by Bet-Semes gevolg. Die inwoners van Bet-Semes was besig om koring in die vallei te oes. Toe hulle die ark sien, het hulle gejuig.