1 SAMUEL 5:4
1 SAMUEL 5:4 Bybel vir almal (ABA)
Toe hulle vroeg die volgende oggend opstaan, sien hulle daar lê Dagon weer met sy gesig op die grond voor die kis van die Here. Dagon se kop en sy twee hande het afgebreek en dit het by die drumpel van die deur gelê. Net Dagon se lyf het oorgebly.
1 SAMUEL 5:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar toe hulle die volgende môre vroeg opstaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van die HERE; maar die hoof van Dagon en sy twee handpalms lê afgebreek op die drumpel: net Dagon se lyf het aan hom oorgebly.
1 SAMUEL 5:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die volgende dag het hulle vroeg opgestaan, en Dagon het weer vooroorgeval op die grond gelê, voor die ark van die Here. Die kop van Dagon en sy twee hande het afgebreek op die drumpel gelê, net sy lyf het oorgebly.
1 SAMUEL 5:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar toe hulle die oggend daarna vroeg opstaan – daar lê Dagon met sy gesig teen die grond voor die ark van die HERE! Dagon se kop en sy twee hande lê toe afgekap op die drumpel. Net Dagon se lyf het van hom oorgebly.
1 SAMUEL 5:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hulle die volgende môre vroeg opstaan, kyk, val Dagon op sy aangesig op die grond voor die ark van die HERE; en die kop van Dagon en albei sy handpalms is op die drumpel afgesny; net die stomp van Dagon het vir hom oorgebly.