1 SAMUEL 5

5
Die verbondsark by die Filistyne
1Nadat die Filistyne die ark van God afgevat het, het hulle dit vanaf Eben-Haeser na die stad Asdod toe gedra. 2Hulle het die ark van God na die tempel van Dagon geneem en dit langs die beeld van Dagon neergesit. 3Toe die Asdodiete die volgende oggend daar kom, het die beeld van Dagon vooroor geval met sy gesig op die grond voor die ark van die Here! Hulle het die beeld weer regop getel. 4Maar die volgende oggend het die beeld weereens omgeval gelê. Sy gesig was op die grond voor die ark van die Here. Hierdie keer het die kop en hande van die beeld afgebreek en op die drumpel gelê, met net die lyf wat oorgebly het. 5Dis hoekom die priesters van Dagon of enigeen wat by die tempel van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van die tempel van Dagon in Asdod trap nie.
6Toe begin die Here die mense van Asdod en die omliggende dorpe met ’n plaag van swere#5:6 Griekse en Latynse vertalings voeg by dat die plaag deur muise veroorsaak is. tref. 7Toe die Asdodiete besef wat gebeur, het hulle gesê: “Ons kan die ark van die God van Israel nie meer hier hou nie! Israel se God is teen ons en Hy sal ons en ons god Dagon swaar straf.” 8Hulle roep toe die leiers van die vyf Filistynse stede bymekaar en vra hulle: “Wat moet ons doen met die ark van die God van Israel?”
Die leiers het die saak bespreek en geantwoord: “Neem dit na die stad Gat.” Hulle neem toe die ark van die God van Israel na Gat toe. 9Daar aangekom, het die Here weer die mense, oud en jonk, met ’n plaag getref. Daar het groot paniek geheers.
10Vervolgens het hulle die ark van God na die stad Ekron toe gestuur. Maar toe die mense van Ekron dit sien aankom, het hulle uitgeroep: “Hulle bring die ark van die God van Israel hiernatoe om ons ook dood te maak!”
11Hulle roep toe weer die leiers van die Filistyne bymekaar en pleit by hulle: “Asseblief, stuur die ark van die God van Israel terug na sy eie plek, want dit sal ons almal doodmaak.” ’n Dodelike siekte het alreeds uitgebreek sodat die inwoners van die stad baie bang geword het. 12Dié wat nie gesterf het nie, is deur die plaag getref. ’n Groot noodkreet het in die stad opgegaan.

Tans Gekies:

1 SAMUEL 5: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid