1 PETRUS 5:12-14
1 PETRUS 5:12-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deur Silvánus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan. Die mede-uitverkorene in Babilon en Markus, my seun, groet julle. Groet mekaar met 'n kus van liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen.
1 PETRUS 5:12-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het deur Silvanus, na my oordeel 'n getroue broer, kortliks aan julle geskryf om julle te bemoedig, en julle nadruklik te verseker dat hierdie dinge die ware genade van God is. Staan vas daarin! Julle mede-uitverkorene in Babilon, en Markus, my seun, groet julle. Groet mekaar met 'n soen van liefde. Vrede vir julle almal wat in •Christus is!
1 PETRUS 5:12-14 Die Boodskap (DB)
Silvanus het my gehelp om hierdie kort briefie aan julle te skryf. Hy is ’n mede-Christen op wie ’n mens kan staatmaak. My doel met die brief is om julle moed in te praat deur julle weereens aan alles te herinner wat ons God vir ons gee sonder dat ons dit verdien. Dit is ware genade. Gryp dit met albei hande vas en moet dit nooit los nie. Julle sustergemeente in Babilon (Rome) stuur groete, asook Markus, wat vir my soos ’n seun is. Vou mekaar toe in Christelike liefde. Mag God aan julle groot rustigheid en vrede hier diep in julle binneste gee, aan almal van julle wat Christene is.
1 PETRUS 5:12-14 Bybel vir almal (ABA)
Ek weet dat Silvanus 'n goeie vriend is, hy sal altyd doen wat hy belowe het. Hy het my gehelp om hierdie kort brief vir julle te skryf. Ek het geskryf om julle te bemoedig en te sê dat hierdie boodskap die waarheid is, die boodskap dat God baie goed is. Dit is hoekom julle moet aanhou glo. God het die gemeente in Babilon ook gekies soos Hy vir julle gekies het, en die gelowiges hier stuur groete vir julle. Markus, my seun, stuur ook groete vir julle. Julle moet mekaar groet met die soen wat wys dat julle almal lief is vir mekaar. Ek bid dat God vir julle almal wat aan Christus behoort, vrede sal gee.
1 PETRUS 5:12-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deur Silvánus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan. Die mede-uitverkorene in Babilon en Markus, my seun, groet julle. Groet mekaar met 'n kus van liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen.
1 PETRUS 5:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Silvanus, wat na my mening 'n getroue broer is, het vir my hierdie kort briefie aan julle op skrif gestel. Ek het geskrywe om julle te bemoedig en julle te verseker dat hierdie dinge die ware genade van God is. Staan hierin vas! Die gemeente in Babilon, 'n uitverkore gemeente net soos julle, asook Markus, my seun, stuur vir julle groete. Groet mekaar met 'n soen van Christelike liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus is!
1 PETRUS 5:12-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het deur Silvanus, na my oordeel 'n getroue broer, kortliks aan julle geskryf om julle te bemoedig, en julle nadruklik te verseker dat hierdie dinge die ware genade van God is. Staan vas daarin! Julle mede-uitverkorene in Babilon, en Markus, my seun, groet julle. Groet mekaar met 'n soen van liefde. Vrede vir julle almal wat in •Christus is!
1 PETRUS 5:12-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur Silvanus, 'n getroue broer vir julle, soos ek dink, het ek kortliks geskryf, vermaan en getuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan. Die gemeente wat in Babel is, saam met julle uitverkies, groet julle; en so ook Marcus, my seun. Groet mekaar met 'n kus van liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is. Amen.
1 PETRUS 5:12-14 Die Boodskap (DB)
Silvanus het my gehelp om hierdie kort briefie aan julle te skryf. Hy is ’n mede-Christen op wie ’n mens kan staatmaak. My doel met die brief is om julle moed in te praat deur julle weereens aan alles te herinner wat ons God vir ons gee sonder dat ons dit verdien. Dit is ware genade. Gryp dit met albei hande vas en moet dit nooit los nie. Julle sustergemeente in Babilon (Rome) stuur groete, asook Markus, wat vir my soos ’n seun is. Vou mekaar toe in Christelike liefde. Mag God aan julle groot rustigheid en vrede hier diep in julle binneste gee, aan almal van julle wat Christene is.
1 PETRUS 5:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek skryf hierdie kort briefie aan julle met Silvanus se hulp. Hy is ’n getroue broer. Die doel met my brief is om julle te bemoedig en te verseker dat die genade van God met julle is, ongeag wat met julle gebeur. Julle susterskerk hier in Rome stuur vir julle groete. Markus, my seun, stuur ook vir julle groete. Groet mekaar met ’n soen van Christelike liefde. Vrede vir julle almal wat aan Christus verbind is!