1 Petrus 5:12-14

1 Petrus 5:12-14 ABA

Ek weet dat Silvanus 'n goeie vriend is, hy sal altyd doen wat hy belowe het. Hy het my gehelp om hierdie kort brief vir julle te skryf. Ek het geskryf om julle te bemoedig en te sê dat hierdie boodskap die waarheid is, die boodskap dat God baie goed is. Dit is hoekom julle moet aanhou glo. God het die gemeente in Babilon ook gekies soos Hy vir julle gekies het, en die gelowiges hier stuur groete vir julle. Markus, my seun, stuur ook groete vir julle. Julle moet mekaar groet met die soen wat wys dat julle almal lief is vir mekaar. Ek bid dat God vir julle almal wat aan Christus behoort, vrede sal gee.