1 KONINGS 11:41-43
1 KONINGS 11:41-43 Bybel vir almal (ABA)
Al die ander dinge wat Salomo gedoen het, en sy wysheid, is geskryf in die dagboek van Salomo. Salomo was 40 jaar lank koning in Jerusalem oor die hele Israel. Salomo het gesterf, en hulle het hom begrawe in die stad van sy pa Dawid. Salomo se seun Rehabeam het koning geword ná Salomo.
1 KONINGS 11:41-43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die verdere geskiedenis van Salomo en alles wat hy gedoen het, en sy wysheid, is dit nie beskrywe in die Geskiedenisboek van Salomo nie? En die dae wat Salomo in Jerusalem oor die hele Israel geregeer het, was veertig jaar. Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Rehábeam het in sy plek koning geword.
1 KONINGS 11:41-43 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die ander verhale oor Salomo en alles wat hy gedoen het, en oor sy wysheid is opgeteken in die annale van Salomo. Salomo was veertig jaar koning in Jerusalem oor die hele Israel. Hy is oorlede, en hy is begrawe by sy pa in die Dawidstad. Sy seun Rehabeam het hom as koning opgevolg.
1 KONINGS 11:41-43 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die verdere geskiedenis van Salomo, alles wat hy gedoen het en sy wysheid, is dit nie opgeteken in die •boekrol van die Geskiedenis van Salomo nie? Die tydperk wat Salomo in Jerusalem as koning geheers het oor die hele Israel, was veertig jaar. Salomo het by sy voorouers gaan rus en is begrawe in die Stad van Dawid, sy vader. Sy seun Rehabeam het in sy plek koning geword.
1 KONINGS 11:41-43 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die verdere geskiedenis van Salomo en alles wat hy gedoen het, en sy wysheid, is dit nie beskrywe in die boek van die geskiedenis van Salomo nie? En die tyd wat Salomo in Jerusalem oor die hele Israel geregeer het, was veertig jaar. En Salomo het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Rehábeam het in sy plek geregeer.
1 KONINGS 11:41-43 Die Boodskap (DB)
Hulle het toe Salomo se hele lewensgeskiedenis beskryf. Besonderhede oor sy lewe, sy wysheid en alles wat hy gedoen het, is in ’n boek Die lewe en werk van Salomo opgeteken. Hy het 40 jaar lank in Jerusalem as koning regeer. Salomo is dood en is in Jerusalem, die stad van Dawid, begrawe. Sy seun Rehabeam het hom opgevolg.
1 KONINGS 11:41-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die ander gebeurtenisse tydens Salomo se regering, wat hy gedoen het en sy wysheid, is opgeteken in Die boek van die handelinge van Salomo. Salomo het 40 jaar lank in Jerusalem oor die hele Israel regeer. Toe hy sterf, is hy in die stad van sy pa, Dawid, begrawe. Sy seun Rehabeam het hom opgevolg.