I KONINGS 11:41-43
I KONINGS 11:41-43 AFR53
EN die verdere geskiedenis van Salomo en alles wat hy gedoen het, en sy wysheid, is dit nie beskrywe in die Geskiedenisboek van Salomo nie? En die dae wat Salomo in Jerusalem oor die hele Israel geregeer het, was veertig jaar. Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Rehábeam het in sy plek koning geword.


