1 KORINTIËRS 4:15
1 KORINTIËRS 4:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want selfs al sou julle tienduisend ander leermeesters hê om julle omtrent Christus te onderrig, het julle net een geestelike vader. Ek het tog julle vader in Jesus Christus geword toe ek die Goeie Nuus aan julle verkondig het.
1 KORINTIËRS 4:15 Bybel vir almal (ABA)
Daar is baie mense wat vir julle leer van Christus. Hulle is soos mense wat kinders oppas. Maar julle het nie baie vaders nie, julle het net een vader. Ek het julle vader geword toe ek die goeie boodskap van Christus Jesus vir julle gebring het, en toe julle in Hom begin glo het.
1 KORINTIËRS 4:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want al sou julle tienduisend tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog nie baie vaders nie; want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur die evangelie.
1 KORINTIËRS 4:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
want al sou julle ook duisende leermeesters in Christus hê, baie vaders het julle nie. Deur die verkondiging van die evangelie is ek in Christus Jesus julle vader.
1 KORINTIËRS 4:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want selfs al het julle 'n menigte opvoeders in •Christus, het julle nie baie vaders nie. Deur die evangelie het ek in Christus Jesus julle vader geword.
1 KORINTIËRS 4:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want al het julle tienduisend leraars in Christus, tog het julle nie baie vaders nie, want in Christus Jesus het ek julle gegenereer deur die evangelie.
1 KORINTIËRS 4:15 Die Boodskap (DB)
Onthou dit, julle kan duisende mense hê wat vir julle baie dinge oor Christus leer, maar julle kan net een geestelike vader hê. Ek is julle geestelike vader. Ek het julle geestelike vader geword toe julle vir die eerste maal by my die wonderlike boodskap oor Jesus Christus gehoor het.