1 KORINTIËRS 3:6-7
1 KORINTIËRS 3:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Ek het die saad van die boodskap van God geplant en Apollos het dit natgegooi, maar dit is God wat dit laat groei het. Die persoon wat plant en die persoon wat natgooi, is nie belangrik nie. Die Persoon wat laat groei, is belangrik, en dit is God.
1 KORINTIËRS 3:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.
1 KORINTIËRS 3:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.
1 KORINTIËRS 3:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar God het laat groei. Daarom is nóg hy wat plant, nóg hy wat natgooi iets, maar slegs God wat laat groei.
1 KORINTIËRS 3:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het geplant, Apollos het natgemaak; maar God het die verhoging gegee. So is dit dan ook nie hy wat iets plant nie, en ook nie hy wat natmaak nie; maar God wat die verhoging gee.
1 KORINTIËRS 3:6-7 Die Boodskap (DB)
Ek het die saad van die evangelie in julle hart geplant en Apollos het dit nat gehou, maar dit was God wat gesorg het dat daardie saad groei. Wie dink julle is nou eintlik die belangrikste van hierdie drie? Natuurlik God wat daardie saad lewe gee en dit laat groei.