1 KORINTIËRS 2:16
1 KORINTIËRS 2:16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hoe kan hulle ook? Want: “Wie kan verstaan wat die Here dink? Wie kan Hom raad gee?” Óns kan hierdie dinge egter verstaan, want ons is in gestel om soos Christus te dink.
1 KORINTIËRS 2:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.
1 KORINTIËRS 2:16 Die Boodskap (DB)
Die Skrif sê mos: “Wie weet wat binne-in die Here omgaan sodat hy vir Hom kan sê wat om te doen?” Ons wat sy Gees het, ken Jesus deur en deur.
1 KORINTIËRS 2:16 Bybel vir almal (ABA)
In die Ou Testament is geskryf: Niemand kan verstaan wat die Here dink nie, niemand kan vir Hom sê wat Hy moet doen nie. Maar ons, ons verstaan wat Christus dink.
1 KORINTIËRS 2:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.
1 KORINTIËRS 2:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar staan geskrywe: “Wie ken die gedagtes van die Here? Wie sal Hom raad gee?” Maar ons, ons het die Gees van Christus.
1 KORINTIËRS 2:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Want wie het die gedagte van die Here geken, om vir Hom te kan voorskryf?” Wat ons betref, ons het die denkwyse van •Christus.
1 KORINTIËRS 2:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want wie het die gedagtes van die Here geken, dat Hy hom kan onderrig? Maar ons het die denke van Christus.