1 KORINTIËRS 14:10-11
1 KORINTIËRS 14:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Daar is baie tale in die wêreld. En elke taal het mense wat die woorde verstaan. Maar as ek nie verstaan wat iemand sê nie, dan is ek vir hom soos iemand wat die taal praat van 'n ander land en hy is vir my soos iemand van 'n ander land.
1 KORINTIËRS 14:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie. As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker 'n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my 'n vreemdeling wees.
1 KORINTIËRS 14:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en nie een is sonder betekenis nie. Maar as ek 'n taal nie ken nie, sal die een wat dit praat, vir my onverstaanbaar wees en ek vir hom.
1 KORINTIËRS 14:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar mag hoeveel verskillende tale in die wêreld wees, en tog is nie een sonder klank nie. As ek nie die betekenis van die klank ken nie, sal ek vir die spreker daarvan 'n vreemdeling wees, en hy vir my.
1 KORINTIËRS 14:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar is so baie soorte stemme in die wêreld, en nie een van hulle is sonder betekenis nie. Daarom, as ek nie die betekenis van die stem weet nie, sal ek vir hom wat spreek 'n barbaar wees, en hy wat spreek, sal 'n barbaar vir my wees.
1 KORINTIËRS 14:10-11 Die Boodskap (DB)
Ek weet dat daar honderde verskillende tale in die wêreld gepraat word. Elkeen van hierdie tale het ook sin as ’n mens dit net kan verstaan. As ek egter nie die taal verstaan nie, weet ek ook nie wat die ander een wil sê nie. Daar is niks met die taal verkeerd nie, maar ek kan dit net nie verstaan nie. Die persoon kan praat en verduidelik tot hy blou word in die gesig, maar ons sal nie by mekaar uitkom nie.