1 KORINTIËRS 13:7-12
1 KORINTIËRS 13:7-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë — hulle sal tot niet gaan; of tale — hulle sal ophou; of kennis — dit sal tot niet gaan. Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan. Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê. Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.
1 KORINTIËRS 13:7-12 Bybel vir almal (ABA)
Hy word nooit moedeloos nie, hy hou aan om te glo en te hoop, hy bly geduldig. Hy hou nie op om lief te wees vir God en vir ander mense nie. Daar is genadegawes wat sal ophou: Om God se boodskap te bring, sal ophou. Om in tale te praat, sal ophou. Om baie dinge te weet, sal stop. Want ons weet net 'n bietjie, en ons bring net 'n bietjie van God se boodskap. Maar eendag, wanneer alles is soos God dit wil hê, dan sal die dinge wat ons nou ken en het, nie meer nodig wees nie. Toe ek 'n kind was, het ek dinge gesê soos 'n kind dit sê, ek het gedink soos 'n kind, en ek het oor die lewe gepraat soos 'n kind. Maar toe ek 'n grootmens geword het, het ek die dinge van 'n kind gelos. In hierdie lewe sien ons alles baie dof, ons sien dinge soos in 'n dowwe spieël. Maar eendag sal ons alles helder sien, soos wanneer 'n mens voor iemand staan en jy kan sy gesig goed sien. Nou weet ek nog nie alles nie. Maar eendag sal ek alles weet, soos God nou alles van my weet.
1 KORINTIËRS 13:7-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë — hulle sal tot niet gaan; of tale — hulle sal ophou; of kennis — dit sal tot niet gaan. Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan. Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê. Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.
1 KORINTIËRS 13:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik, maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees. Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind. Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.
1 KORINTIËRS 13:7-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verduur alles. Liefde faal nooit nie. Maar profesieë, dit sal tot 'n einde kom; of tale, dit sal ophou; of kennis, dit sal tot niet gaan. Want ons ken gedeeltelik, en ons profeteer gedeeltelik, maar wanneer die volmaakte gekom het, sal wat gedeeltelik is, ophou bestaan. Toe ek nog 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Noudat ek volwasse is, het ek die dinge van 'n kind agtergelaat. Nou sien ons wel 'n geheimnisvolle beeld, soos in 'n spieël, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek slegs gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken, soos ek ten volle geken is.
1 KORINTIËRS 13:7-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verdra alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die naasteliefde faal nooit; maar of daar profesieë is, hulle sal misluk; of daar tale is, hulle sal ophou; of daar kennis is, dit sal verdwyn. Want ons ken ten dele, en ons profeteer ten dele. Maar wanneer dit wat volmaak is, gekom het, dan sal dit wat ten dele is, tot niet gemaak word. Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, ek het verstaan soos 'n kind, ek het gedink soos 'n kind; maar toe ek 'n man geword het, het ek kinderlike dinge weggegooi. Want nou sien ons deur 'n glas, donker; maar dan van aangesig tot aangesig: nou weet ek ten dele; maar dan sal ek weet soos ek ook geken is.
1 KORINTIËRS 13:7-12 Die Boodskap (DB)
Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het; liefde glo altyd die beste van ander mense en verwag dit ook van hulle. Liefde ken ook g’n einde nie. Liefde is nie iets wat ’n mens kan opgebruik en dan sê dis klaar nie. Maar die spesiale geskenke wat die Gees aan mense gee, soos om God se Woord oor te dra of in “spesiale tale” te praat, of om dinge van die godsdiens te verstaan waarvan ander nie veel weet nie, dit sal nie vir altyd hou nie. Daar sal ’n tyd kom wanneer die Gees dit nie meer vir mense sal gee nie, omdat dit nie meer nodig sal wees nie. Ons weet in elk geval nou nie alles nie en wat ons vir julle van God se wil vertel, is ook nie alles wat daar is om te weet nie. Daar sal ’n tyd kom wanneer alles volmaak sal wees soos God dit bedoel het. Dan sal die dinge wat God net ’n tydjie wou gebruik het, nie meer nodig wees nie. Dit is eintlik maar so met ’n mens ook. Toe ek klein was, het ek nie soos ’n grootmens gepraat nie, maar soos ’n kind. Ek het ook gehou van dinge waarvan kinders hou en graag daaroor gepraat. Ek kon ook nie verstaan waaroor die grootmense praat nie, want ek het deur die oë van ’n kind na dinge gekyk. Maar toe het ek grootgeword en dit alles het verander. Die dinge wat vir my as kind so belangrik was, is nou nie meer vir my belangrik nie. Ons is nou nog eintlik maar in ons geestelike kinderskoene. Ons kan nie alles van God verstaan nie. Dit is of ons in ’n blinkerige stuk staal na onsself kyk. Ons kan nie alles mooi uitmaak wat ons sien nie. Maar die tyd kom wanneer ons alles helder en duidelik sal sien asof dit reg voor ons staan. Nou maak ons maar stuk-stuk uit van God en alles wat Hy vir ons doen en beteken. Daar kom egter ’n tyd wanneer ek alles sal weet, net soos God nou alles van my af weet.
1 KORINTIËRS 13:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles. Die liefde sal nooit vergaan nie. Maar profesieë sal tot niet gaan, die spreek in tale sal ophou, en kennis sal verouder raak. Ons ken maar net ten dele en ons profeteer maar net ten dele. Wanneer die volmaakte egter gekom het, sal al die onvolmaakte uitgedien wees. Toe ek nog klein was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind. Maar noudat ek volwasse is, het ek die dinge van ’n kind ontgroei. Nou sien ons dinge nog net vaagweg soos in ’n dowwe spieël, maar eendag sal alles vir ons glashelder wees. Nou verstaan ek net ten dele, maar eendag sal ek ten volle verstaan, net soos God my nou ten volle verstaan.