1 KORINTIËRS 12:18-19
1 KORINTIËRS 12:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê. As almal saam net een lid was, hoe sou daar 'n liggaam kon wees?
1 KORINTIËRS 12:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Maar nou het God vir die liggaam verskillende dele gegee. Hy het elke deel gegee soos Hy wou. As die hele liggaam net een deel was, dan was daar nie 'n liggaam nie.
1 KORINTIËRS 12:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?
1 KORINTIËRS 12:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê. As almal saam net een lid was, hoe sou daar 'n liggaam kon wees?
1 KORINTIËRS 12:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar nou het God die ledemate, elke enkele een van hulle, in die liggaam geplaas volgens sy besluit. As alles een ledemaat was, waar sou die liggaam wees?
1 KORINTIËRS 12:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar nou het God elkeen van hulle lede in die liggaam geplaas soos dit Hom goedgekeur het. En as hulle almal een lid was, waar was die liggaam?
1 KORINTIËRS 12:18-19 Die Boodskap (DB)
Nee, God het elkeen van die dele van die liggaam ’n spesiale plek in die liggaam gegee, net soos Hy dit beplan het. As die hele liggaam net uit een orgaan bestaan het, hoe sou die liggaam dan nie gelyk het nie!