1 KORINTIËRS 11:20-21
1 KORINTIËRS 11:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer julle gemeente bymekaarkom om nagmaal te vier, dan vier julle nie regtig die nagmaal van die Here nie. Want wanneer julle eet, dan is daar party mense wat voor die ander begin eet, en hulle eet dan hulle eie kos. En wat gebeur dan? Party mense kry niks om te eet nie, en ander mense drink te veel.
1 KORINTIËRS 11:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As julle dus saamkom, dan wil dit nie sê dat julle die nagmaal van die Here eet nie. Want as julle eet, gebruik elkeen eers sy eie ete; en die een het honger en die ander is dronk.
1 KORINTIËRS 11:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
As julle dan as gemeente saamkom, is dit nie meer die nagmaal van die Here wat julle vier nie, want by die gemeenskaplike maaltyd eet elkeen gou sy eie eetgoed, met die gevolg dat party honger bly en party te veel drink.
1 KORINTIËRS 11:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer julle saamkom, is dit nie werklik om die Here se maaltyd te eet nie; want elkeen gaan voort om sy eie maaltyd te eet, en een bly honger, en 'n ander word dronk.
1 KORINTIËRS 11:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wanneer julle dan op een plek bymekaarkom, is dit nie om die nagmaal van die Here te eet nie. Want deur te eet, neem elkeen voor die ander sy eie maaltyd, en die een is honger en die ander is dronk.
1 KORINTIËRS 11:20-21 Die Boodskap (DB)
As julle bymekaarkom om saam nagmaal te hou, tree julle so lelik op dat ’n mens dit sowaar nooit “nagmaal” sal kan noem nie. Julle wag dan nie eens vir mekaar nie en deel ook nie julle kos wat elkeen saamgebring het met mekaar nie. Sonder om om te gee of jou medegelowige langs jou doodgaan van die honger, sal jy jou trommeldik eet en nog te veel wyn ook drink. Maar jy sal nie daaraan dink om vir hom langs jou ook ietsie aan te bied nie.