1 KORINTIËRS 11:1-2
1 KORINTIËRS 11:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet doen soos ek doen. En ek doen soos Christus doen. Ek wil julle prys omdat julle altyd probeer onthou wat ek vir julle geleer het. Julle onthou en doen die dinge wat ek by die Here en by die ander apostels gehoor het en wat ek vir julle geleer het.
1 KORINTIËRS 11:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WEES my navolgers, soos ek dit ook van Christus is. EN ek prys julle, broeders, dat julle in alles aan my dink en aan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het.
1 KORINTIËRS 11:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg. Ek vind dit prysenswaardig dat julle in alles aan my bly dink en vashou aan die oorgelewerde leer soos ek dit aan julle oorgedra het.
1 KORINTIËRS 11:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van •Christus volg. Ek prys julle, omdat julle altyd aan my dink, en omdat julle vashou aan die tradisies, soos ek dit aan julle oorgelewer het.
1 KORINTIËRS 11:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is. Ek loof julle nou, broeders, dat julle in alles aan My dink en die verordeninge onderhou soos Ek dit aan julle oorgelewer het.