1 KRONIEKE 2:18-55
1 KRONIEKE 2:18-55 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gesron se seun Kaleb was die pa van 'n dogter, Jeriot, by sy eerste vrou, Asuba. Jeser, Sobab en Ardon was ook haar seuns. Na Asuba se dood het Kaleb met Efrata getrou, en sy het vir hom Gur in die wêreld gebring. Gur was die vader van Uri, en Uri van Besaleël. Later het Gesron met 'n dogter van Makir, voorvader van Gilead, getrou. Gesron was toe sestig jaar oud, en sy vrou het Segub vir hom in die wêreld gebring. Segub was die vader van Jaïr, wat drie en twintig dorpe in Gilead besit het. Gesur en Aram het die tentdorpe van Jaïr verower saam met Kenat en sy buitedorpe, sestig dorpe in totaal. Hulle was almal seuns van Makir, vader van Gilead. Na Gesron se dood het Kaleb gemeenskap gehad met Efrata, 'n vrou van sy vader Gesron, en sy het vir hom Asgur, die vader van Tekoa, in die wêreld gebring. Die oudste seun van Gesron, Jeragmeël, se seuns by Agija was Ram, die oudste, en verder Buna, Oren en Osem. Jeragmeël het nog 'n vrou gehad. Haar naam was Atara, en sy was die ma van Onam. Ram, die oudste seun van Jeragmeël, se seuns was Maäs, Jamin en Eker. Onam se seuns was Sammai en Jada, en Sammai se seuns was Nadab en Abisur. Die naam van Abisur se vrou was Abihajil, en sy het vir hom Agban en Molid in die wêreld gebring. Die seuns van Nadab was Seled en Appajim, maar Seled het kinderloos gesterf. Appajim het 'n seun Jisi gehad. Jisi se seun was Sesan, en Sesan was die vader van Aglai. Jada se seuns was Agi, Sammai, Jeter en Jonatan. Jeter het kinderloos gesterf. Jonatan se seuns was Pelet en Sasa. Hierdie mense was almal nakomelinge van Jeragmeël. Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters. Hy het 'n Egiptiese slaaf met die naam Jarga gehad, en hy het toe 'n dogter van hom met sy slaaf Jarga laat trou. Sy het vir Jarga 'n seun Attai in die wêreld gebring. Attai was die vader van Natan, Natan die vader van Sabad, Sabad van Eflal, Eflal van Obed, Obed van Jehu, en Jehu die vader van Asarja. Asarja was die vader van Geles, Geles van Elasa, Elasa van Sismai, Sismai van Sallum, Sallum van Jekamja en Jekamja die vader van Elisama. Die geslag van Kaleb, Jeragmeël se broer, was soos volg: Mesa, sy oudste seun, was die vader van Sif, terwyl die seun van Maresa die vader van Hebron was. Die seuns van Hebron was Korag, Tappuag, Rekem en Sema. Sema was die vader van Ragam, vader van Jorkoam. Rekem was die vader van Sammai. Sammai het 'n seun Maon gehad, en Maon was die vader van Bet-Sur. Kaleb se byvrou Efa het vir Garan, Mosa en Gases in die wêreld gebring. Garan was die vader van Gases. Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf. Nog 'n byvrou van Kaleb, Maäka, het vir Seber en Tirgana in die wêreld gebring. Sy het ook vir Saäf, vader van Madmanna, en vir Sewa, vader van Makbena en Giba, in die wêreld gebring. Aksa was 'n dogter van Kaleb. Dit dan was Kaleb se nakomelinge. Die seuns van Gur, die oudste seun van Efrata, was Sobal vader van Kirjat-Jearim, Salma vader van Betlehem, en Garef vader van Bet-Gader. Uit Sobal vader van Kirjat-Jearim het gekom: Reaja, die helfte van Managat se mense, en die volgende geslagte van Kirjat-Jearim: die Jitreërs, Puteërs, Sumaners en Misraners. Uit hulle het die Soraners en Estaolers voortgekom. Betlehem, die Netofaners, Atrot-Bet-Joab, die ander helfte van Managat se mense, die Soreërs, en die skrywersgeslagte wat in Jabes woon, naamlik die Tirateërs, Simateërs en Sukateërs, was nakomelinge van Salma. Hulle is die Keniete wat van Gammat vader van Bet-Rekab afstam.
1 KRONIEKE 2:18-55 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kaleb, seun van Gesron, het Jeriot verwek by Asuba, sy vrou. Dit was haar seuns: Jeser, Sobab en Ardon. Toe Asuba sterf, het Kaleb vir hom Efrata as vrou geneem, en sy het Gur vir hom in die wêreld gebring. Gur het Uri verwek, en Uri het Besaleël verwek. Later het Gesron met die dogter van Magir, die vader van Gilead, omgang gehad. Hy het haar as vrou geneem toe hy sestig jaar oud was. Sy het vir hom Segub in die wêreld gebring. Segub het Jaïr verwek. Hy het drie-en-twintig dorpe in die Gileadstreek besit. Gesur en Aram het egter Gawwoot-Jaïr van hulle afgeneem, asook Kenat en die omliggende dorpies – sestig dorpe. Hulle almal was die nageslag van Magir, die vader van Gilead. Ná Gesron se dood in Kaleb-Efrata het Abia, Gesron se vrou, vir hom Asgur, die stigter van Tekoa, in die wêreld gebring. Die seuns van Jeragmeël, Gesron se eersgeborene, was Ram, die eersgeborene, Buna, Oren en Osem by Agija. Jeragmeël het nog 'n ander vrou gehad; haar naam was Atara. Sy was die moeder van Onam. Die seuns van Ram, Jeragmeël se eersgeborene, was Maäs, Jamin en Eker. Onam se seuns was Sammai en Jada. Sammai se seuns was Nadab en Abisur. Die naam van Abisur se vrou was Abihajil. Sy het vir hom Agban en Molid in die wêreld gebring. Nadab se seuns was Seled en Appajim. Seled het kinderloos gesterf. Appajim se nageslag was Jisi en Jisi se nageslag was Sesan, en Sesan se nageslag was Aglai. Jada, broer van Sammai, se seuns was Jeter en Jonatan. Jeter het kinderloos gesterf. Jonatan se seuns was Pelet en Sasa. Dit was die nageslag van Jeragmeël. Sesan het nie seuns gehad nie, maar wel dogters. Sesan het 'n Egiptiese slaaf met die naam Jarga gehad. Sesan het toe sy dogter vir sy slaaf Jarga as vrou gegee. Sy het Attai vir hom in die wêreld gebring. Attai het Natan verwek, Natan het Sabad verwek, Sabad het Eflal verwek, Eflal het Obed verwek, Obed het Jehu verwek, Jehu het Asarja verwek, Asarja het Geles verwek, Geles het Elasa verwek, Elasa het Sismai verwek, Sismai het Sallum verwek, Sallum het Jekamja verwek, Jekamja het Elisama verwek. Die nageslag van Kaleb, die broer van Jeragmeël, was Mesa, sy eersgeborene; hy was die stigter van •Sif; die nageslag van Maresa was die stigters van Hebron. Die nageslag van Hebron was Korag, Tappuag, Rekem en Sema. Sema het Ragam verwek, die vader van Jorkoam. Rekem het Sammai verwek. Sammai se seun was Maon, en Maon was die stigter van Bet-Sur. Efa, byvrou van Kaleb, het Garan, Mosa en Gases in die wêreld gebring. Garan het Gases verwek. Die nageslag van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf. Maäga, byvrou van Kaleb, het Seber en Tirgana in die wêreld gebring. Sy het ook vir Saäf, die vader van Madmanna, en vir Sewa, die vader van Magbena en Giba, in die wêreld gebring. Kaleb se dogter was Agsa. Dit was Kaleb se nageslag. Die seuns van Gur, die eersgeborene van Efrata, was Sobal, die stigter van Kirjat-Jearim; Salma, die stigter van Betlehem; Garef, die stigter van Bet-Gader. Die nageslag van Sobal, die stigter van Kirjat-Jearim, was Haroë, die helfte van die mense van Managat, en die volgende familiegroepe van Kirjat-Jearim: die mense uit Jeter, Put, Suma en Misra. Uit hulle het die mense van Sora en Estaol voortgekom. Die nageslag van Salma was die mense van Betlehem, Netofa, Atrot-Bet-Joab, die helfte van die mense van Managat en Sora, en die volgende skrywerfamilies wat in Jabes gewoon het: die mense van Tira, Sema en Suga. Hulle is die Keniete wat van Gamma, die stigter van die Regab-beweging, afstam.
1 KRONIEKE 2:18-55 Bybel vir almal (ABA)
Kaleb seun van Gesron en sy eerste vrou Asuba het 'n dogter gehad, haar naam was Jeriot. Jeriot se seuns was Jeser, Sobab en Ardon. Nadat Asuba gesterf het, het Kaleb getrou met Efrat, en hulle het 'n seun gehad, sy naam was Gur. Gur was die pa van Uri, Uri was die pa van Besaleël. Gesron het later gaan trou met 'n dogter van Makir. Makir was die voorvader van die mense van Gilead. Gesron was toe 60 jaar oud, en hy en hierdie vrou het 'n seun gehad, sy naam was Segub. Segub was die pa van Jaïr. In die land Gilead was daar 23 dorpe wat behoort het aan Jaïr. Die mense van die land Gesur en die land Aram het die dorpe van Jaïr vir hulleself gevat, en ook die dorp Kenat en die klein dorpies daar naby. Dit was 60 dorpe almal saam. Die mense van hierdie dorpe was almal van die nageslag van Makir, die voorvader van die mense van Gilead. Nadat Gesron gesterf het in die stad Kaleb Efrata, het Gesron se vrou Abija nog 'n seun gekry. Dit was Asgur, die voorvader van die mense van Tekoa. Gesron se oudste seun, Jeragmeël, en sy vrou Agija se seuns was Ram, Buna, Oren en Osem. Jeragmeël het nog 'n vrou gehad. Haar naam was Atara, en sy was die ma van Onam. Jeragmeël se oudste seun Ram se seuns was Maäs, Jamin en Eker. Onam se seuns was Sammai en Jada. Sammai se seuns was Nadab en Abisur. Die naam van Abisur se vrou was Abihajil, en hulle was die ouers van Agban en Molid. Nadab se seuns was Seled en Appajim. Seled het nie kinders gehad nie. Appajim was die pa van Jisi, Jisi was die pa van Sesan, en Sesan was die pa van Aglai. Sammai se broer Jada se seuns was Jeter en Jonatan. Jeter het nie kinders gehad nie. Jonatan se seuns was Pelet en Sasa. Dit was die nageslag van Jeragmeël. Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters. Sesan het 'n Egiptiese slaaf gehad, sy naam was Jarga. Sesan het een van sy dogters met sy slaaf Jarga laat trou, en hulle het 'n seun gehad, sy naam was Attai. Attai was die pa van Natan, Natan was die pa van Sabad, Sabad was die pa van Eflal, Eflal was die pa van Obed, Obed was die pa van Jehu, Jehu was die pa van Asarja, Asarja was die pa van Geles, Geles was die pa van Elasa, Elasa was die pa van Sismai, Sismai was die pa van Sallum, Sallum was die pa van Jekamja, en Jekamja was die pa van Elisama. Hier is die name van die nageslag van Jeragmeël se broer Kaleb: Sy oudste seun was Mesa, hy was die voorvader van die mense van Sif. Die mense van Maresa was die voorouers van die mense van die stad Hebron. Die nageslag van die mense van Hebron was die mense van die stede Korag, Tappuag, Rekem en Sema. Die mense van Sema was die voorouers van die mense van die stad Ragam, en hulle was die voorouers van die mense van Jorkoam. Die mense van Rekem was die voorouers van die mense van die stad Sammai. Die mense van die stad Maon was die nageslag van die mense van Sammai, en die mense van Maon was die voorouers van die mense van die stad Bet-Sur. Kaleb en sy byvrou Efa was die ouers van Garan, Mosa en Gases. Garan was die pa van Gases. Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf. Kaleb en sy byvrou Maäka was die ouers van Seber en Tirgana. Hulle was ook die ouers van Saäf, die voorvader van die mense van die stad Madmanna. Kaleb en Maäka was ook die ouers van Sewa, die voorvader van die mense van die stede Makbena en Giba. Aksa was 'n dogter van Kaleb. Dit was die nageslag van Kaleb. Die nageslag van Gur, die oudste seun van Efrata, was: Sobal, die voorvader van die mense van die stad Kirjat-Jearim, Salma, die voorvader van die mense van die stad Betlehem, en Garef, die voorvader van die mense van die stad Bet-Gader. Sobal, die voorvader van die mense van Kirjat-Jearim, was ook die voorvader van die mense van Haroê en van die helfte van die mense van Menugot. Die mense in Kirjat-Jearim was van die families Jeter, Put, Suma en Misra. Die mense van die stede Sora en Estaol was van hulle nageslag. Die nageslag van Salma was die mense van Betlehem, Netofa, Atrot-Bet-Joab, en die ander helfte van die mense van Menugot, en die Sora-mense. Die skrywersfamilies het in Jabes gewoon. Hulle was die families Tira, Sima en Soka. Hulle was Keniete, die nageslag van Gammat. Gammat was ook die voorvader van die Rekab-familie.
1 KRONIEKE 2:18-55 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Kaleb, die seun van Hesron, het by sy vrou Asúba Jeríot verwek. En dit is haar seuns: Jeser en Sobab en Ardon. Toe Asúba gesterf het, het Kaleb vir hom Efrat geneem en sy het vir hom Hur gebaar. En Hur was die vader van Uri; en Uri van Besáleël. Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van Gílead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar. En Segub was die vader van Jaïr, en hy het drie-en-twintig stede in die land Gílead gehad. En Gesur en Aram het die Jaïrsdorpe van hulle afgeneem, en Kenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van Gílead. En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het Abía, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar. En die seuns van Jerágmeël, die eersgeborene van Hesron, was: die eersgeborene Ram; verder Buna en Oren en Osem uit Ahía. Jerágmeël het nog 'n ander vrou gehad met die naam van Atára; sy was die moeder van Onam. En die seuns van Ram, die eersgeborene van Jerágmeël, was Maäs en Jamin en Eker. En die seuns van Onam was Sámmai en Jada; en die seuns van Sámmai: Nadab en Abísur. En die naam van die vrou van Abísur was Abíhail; en sy het vir hom Agban en Molid gebaar. En die seuns van Nadab was Seled en Appáim; en Seled het gesterwe sonder kinders. En die seuns van Appáim was Jíseï; en die seuns van Jíseï was Sesan; en die seuns van Sesan, Aglai. En die seuns van Jada, die broer van Sámmai, was Jeter en Jónatan; en Jeter het gesterwe sonder kinders. En die seuns van Jónatan was Pelet en Sasa. Dit was die seuns van Jerágmeël. En Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters; en Sesan het 'n Egiptiese dienaar gehad met die naam van Jarha; en Sesan het sy dogter aan sy dienaar Jarha as vrou gegee; en sy het vir hom Áttai gebaar. En Áttai was die vader van Natan, en Natan van Sabad; en Sabad van Eflal, en Eflal van Obed; en Obed van Jehu, en Jehu van Asárja; en Asárja van Heles, en Heles van Eleása; en Eleása van Sísemai, en Sísemai van Sallum; en Sallum van Jekámja, en Jekámja van Elisáma. En die seuns van Kaleb, die broer van Jerágmeël, was Mesa, sy eersgeborene — hy was die vader van Sif — en die seuns van Marésa, die vader van Hebron. En die seuns van Hebron was: Korag en Tappúag en Rekem en Sema. En Sema was die vader van Raham, die vader van Jórkeam; en Rekem van Sámmai. En die seun van Sámmai was Maon; en Maon was die vader van Bet-Sur. En Efa, die byvrou van Kaleb, het Haran en Mosa en Gases gebaar; en Haran was die vader van Gases. En die seuns van Jóhdai was: Regem en Jotam en Gesan en Pelet en Efa en Saäf. Die byvrou van Kaleb, Máäga, het Seber en Tírhana gebaar; en sy het Saäf gebaar, die vader van Madmánna, Sewa, die vader van Magbéna en die vader van Gíbea; en die dogter van Kaleb was Agsa. Dit was die seuns van Kaleb. Die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, was Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim, Salma, die vader van Betlehem, Haref, die vader van Bet-Gader. En die seuns van Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim, was Hároë en die helfte van Menúgōt. En die geslagte van Kirjat-Jeárim was: die Jitriete en Putiete en Sumatiete en die Misraïete; uit hulle het die Sóreatiete en Estaoliete voortgekom. Die seuns van Salma was: Betlehem en die Netofatiete, Atrot-Bet-Joab en die helfte van die Managtiete, die Soreïete. En die geslagte van die skrywers wat in Jabes gewoon het: die Tireatiete, die Simeatiete, die Sugatiete; dit is die Keniete wat van Hammat, die vader van die huis van Regab, afkomstig is.
1 KRONIEKE 2:18-55 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Kaleb, die seun van Hesron, het die kinders van Asuba, sy vrou, en van Jériot verwek; haar seuns is dit; Jeser en Sobab en Ardon. En toe Asuba dood was, het Kaleb Efrat vir hom geneem, wat vir hom Hur gebaar het. En Hur was die vader van Uri, en Uri was die vader van Besaleël. En daarna het Hesron ingegaan by die dogter van Magir, die vader van Gílead, met wie hy getrou het toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar. En Segub was die vader van Jaïr, wat drie en twintig stede in die land Gílead gehad het. En hy het Gesur en Aram met die stede van Jaïr uit hulle geneem, met Kenat en sy onderhorige plekke, sestig stede. Dit alles het aan die seuns van Magir, die vader van Gílead, behoort. En nadat Hesron in Kalebefrata gesterf het, het Abía, die vrou van Hesron, vir hom Assur, die vader van Tekoa, gebaar. En die seuns van Jeragmeël, die eersgeborene van Hesron, was: Ram, die eersgeborene, en Buna en Oren en Osem en Ahía. Jeragmeël het ook 'n ander vrou gehad met die naam van Atara; sy was die moeder van Onam. En die seuns van Ram, die eersgeborene van Jeragmeël, was Maäs en Jamin en Eker. En die seuns van Onam was Sammai en Jada. En die seuns van Sammai; Nadab en Abisur. En die naam van die vrou van Abisur was Abíhail, en sy het vir hom Agban en Molid gebaar. En die seuns van Nadab; Seled en Appaim, maar Seled het sonder kinders gesterf. En die seuns van Appaim; Ishi. En die seuns van Jisi; Sheshan. En die kinders van Sesan; Ahlai. En die seuns van Jada, die broer van Sammai; Jeter en Jonatan, en Jeter het sonder kinders gesterf. En die seuns van Jónatan; Peleth en Zaza. Dit was die seuns van Jeragmeël. En Sesan het geen seuns gehad nie, maar dogters. En Sesan het 'n dienskneg gehad, 'n Egiptenaar, met die naam van Jarha. En Sesan het sy dogter aan Jarha, sy dienaar, as vrou gegee; en sy het vir hom Attai gebaar. En Attai was die vader van Natan, en Natan van Sabad, En Sabad was die vader van Efal, en Eflal van Obed, En Obed was die vader van Jehu, en Jehu van Asarja, En Asarja was die vader van Heles, en Heles was die vader van Eleasa, En Eleasa was die vader van Sisamai, en Sisamai was die vader van Sallum, En Sallum was die vader van Jekamja, en Jekamja van Elisama. En die seuns van Kaleb, die broer van Jeragmeël, was Mesa, sy eersgeborene, wat die vader van Sif was; en die seuns van Marésa, die vader van Hebron. En die seuns van Hebron; Korag en Tappuag en Rekem en Sema. En Sema was die vader van Raham, die vader van Jorkoam, en Rekem van Sammai. En die seun van Sammai was Maon, en Maon was die vader van Bet-Sur. En Efa, die byvrou van Kaleb, het Haran en Mosa en Gases gebaar; en Haran was die vader van Gases. En die seuns van Jagdai; Regem en Jotam en Gesan en Pelet en Efa en Saaf. Maäga, die byvrou van Kaleb, het Seber en Tirhana gebaar. Sy het ook Saaf gebaar, die vader van Madmanna, Sewa, die vader van Magbena, en die vader van Gíbea; en die dogter van Kaleb was Agsa. Dit was die seuns van Kaleb, die seun van Hur, die eersgeborene van Efrata; Sobal, die vader van Kirjat-Jearim, Salma die vader van Betlehem, Haref die vader van Bet-Gader. En Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim, het seuns gehad; Haroë en die helfte van die Manahetiete. En die geslagte van Kirjat-Jeárim; die Itriete en die Pugiete en die Sumatiete en die Misraiete; van hulle het die Sareatiete en die Estauliete gekom. Die seuns van Salma; Betlehem en die Netofatiete, Atarot, die huis van Joab, en die helfte van die Manahetiete, die Soriete. En die geslagte van die skrifgeleerdes wat in Jabes gewoon het; die Tireatiete, die Simeatiete en Sugatiete. Dit is die Keniete wat uit Hemat gekom het, die vader van die huis van Regab.
1 KRONIEKE 2:18-55 Die Boodskap (DB)
Gesron se seun Kaleb het by sy eerste vrou, Asuba, ’n dogter, Jeriot, en drie seuns, Jeser, Sobab en Ardon, gehad. Na Asuba se dood is Kaleb met Efrata getroud en hulle seun was Gur. Gur was Uri se pa en Uri was Besaleël se pa. Toe Gesron 60 was, is hy met Gilead se suster, ’n dogter van Makir, getroud. Hulle het ’n seun met die naam Segub gehad. Segub was Jaïr se pa. Jaïr het 23 dorpe in Gilead besit. Later het Gesur en Aram die tentdorpe van Jaïr verower en ook vir Kenat met sy buitedorpe. Dit was 60 dorpe in totaal, wat voorheen aan die seuns van Makir, Gilead se pa, behoort het. Na Gesron se dood het Kaleb by sy pa se vrou Efrata geslaap en hulle het ’n seun, Asgur, gehad. Hy was Tekoa se pa. Jeragmeël, Gesron se oudste seun, was die pa van Ram, sy oudste, asook Buna, Oren, Osem en Agija. Jeragmeël het nog ’n vrou gehad. Sy was Atara en sy was die ma van Onam. Ram, die oudste seun van Jeragmeël, se seuns was Maäs, Jamin en Eker. Onam se seuns was Sammai en Jada, en Sammai se seuns was Nadab en Abisur. Abisur se vrou was Abihajil en sy was Agban en Molid se ma. Nadab se seuns was Seled en Appajim, maar Seled is sonder kinders dood. Appajim het ’n seun Jisi gehad. Jisi se seun was Sesan, en Sesan was Aglai se pa. Jada se seuns was Agi, Sammai, Jeter en Jonatan. Jeter het sonder kinders gesterf. Jonatan se seuns was Pelet en Sasa. Hulle was almal nakomelinge van Jeragmeël. Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters. Hy het ’n Egiptiese slaaf met die naam Jarga gehad. Hy het toe een van sy dogters met sy slaaf Jarga laat trou. Sy en Jarga het ’n seun, Attai, gehad. Attai was Natan se pa en Natan was Sabad se pa, Sabad was Eflal se pa, Eflal was Obed se pa, Obed was Jehu se pa en Jehu was Asarja se pa. Asarja was Geles se pa, Geles was Elasa se pa, Elasa was Sismai se pa, Sismai was Sallum se pa, Sallum was Jekamja se pa en Jekamja was Elisama se pa. Kaleb, Jeragmeël se broer, se nageslag was soos volg: Mesa, sy oudste seun, was Sif se pa, en Maresa, sy tweede seun was Hebron se pa. Hebron se seuns was Korag, Tappuag, Rekem en Sema. Sema was Ragam se pa en Ragam was Jorkoam se pa. Rekem was Sammai se pa. Sammai het ’n seun Maon gehad en Maon was Bet-Sur se pa. Kaleb se byvrou Efa het vir Garan, Mosa en Gases gehad. Garan was Gases se pa. Jodai se seuns was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf. Nog ’n byvrou van Kaleb, Maäka, het vir Seber en Tirgana gehad. Sy was ook die ma van Saäf, Madmanna se pa, en van Sewa, wat Makbena en Giba se pa was. Kaleb het ook ’n dogter met die naam Aksa gehad. Hulle was almal Kaleb se nakomelinge. Gur, die oudste seun van Gesron en Efrata, se drie seuns was Sobal (Kirjat-Jearim se pa), Salma (Betlehem se pa) en Garef (Bet-Gader se pa). Sobal (Kirjat-Jearim se pa) se nageslag was: Reaja, die helfte van Managat se mense, en die families van Kirjat-Jearim: die Jitreërs, Puteërs, Sumaners en Misraners. Uit hulle het ook die mense van Sora en Estaol voortgekom. Salma se nageslag was: Betlehem, die Netofaners, Atrot-Bet-Joab, die ander helfte van Managat se mense, die Soreërs en die skrywersfamilies wat in Jabes woon, naamlik die Tirateërs, Simeateërs en Sukateërs. Hulle is die Keniete wat van Gammat afstam. Hy was die vader van die Rekabfamilie.
1 KRONIEKE 2:18-55 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gesron se seun Kaleb het twee vroue gehad, Asuba en Jeriot. Asuba se seuns was Jeser, Sobab en Ardon. Na Asuba dood is, het Kaleb met Efrata getrou en hulle het ’n seun met die naam Gur gehad. Gur was die pa van Uri. Uri was die pa van Besaleël. Toe Gesron 60 jaar oud was, het hy met Gilead se suster, die dogter van Makir getrou. Hulle het ’n seun met die naam Segub gehad. Segub was die pa van Jaïr, wat oor 23 stede in die land Gilead regeer het. (Later het Gesur en Aram die dorpe van Jaïr, asook Kenat en sy 60 omliggende dorpies as buit geneem.) Hulle was almal afstammelinge van Makir, die pa van Gilead. Kort ná Gesron se dood in die stad Kaleb-Efrata het sy vrou Abia geboorte gegee aan ’n seun wat Asgur genoem is. Hy was die pa van Tekoa. Jeragmeël, die oudste seun van Gesron, se seuns was Ram, die oudste, gevolg deur Buna, Oren, Osem en Agija. Jeragmeël het ’n tweede vrou gehad met die naam Atara. Sy was die ma van Onam. Die seuns van Ram, die oudste seun van Jeragmeël, was Maäs, Jamin en Eker. Die seuns van Onam was Sammai en Jada. Die seuns van Sammai was Nadab en Abisur. Die seuns van Abisur en sy vrou Abihajil was Agban en Molid. Die seuns van Nadab was Seled en Appajim. Seled is dood sonder kinders, maar Appajim het ’n seun met die naam Jisi gehad. Die seun van Jisi was Sesan. Sesan se afstammeling was Aglai. Sammai se broer Jada het twee seuns gehad, Jeter en Jonatan. Jeter is dood sonder kinders, maar Jonatan het twee seuns gehad, Pelet en Sasa. Dit was die afstammelinge van Jeragmeël. Sesan het geen seuns gehad nie, alhoewel hy dogters gehad het. Hy het ook ’n Egiptiese dienaar gehad met die naam Jarga. Sesan het een van sy dogters aan Jarga as vrou gegee. Hulle het ’n seun met die naam Attai gehad. Attai was die pa van Natan. Natan was die pa van Sabad. Sabad was die pa van Eflal. Eflal was die pa van Obed. Obed was die pa van Jehu. Jehu was die pa van Asarja. Asarja was die pa van Geles. Geles was die pa van Elasa. Elasa was die pa van Sismai. Sismai was die pa van Sallum. Sallum was die pa van Jekamja. Jekamja was die pa van Elisama. Die oudste seun van Kaleb, broer van Jeragmeël, was Mesa, die pa van Sif. Kaleb se tweede seun was Maresa, die pa van Hebron. Die seuns van Hebron was Korag, Tappuag, Rekem en Sema. Sema was die pa van Ragam. Ragam was die pa van Jorkoam. Rekem was die pa van Sammai. Die seun van Sammai was Maon. Maon was die pa van Bet-Sur. Kaleb se byvrou Efa het geboorte gegee aan Garan, Mosa en Gases. Garan was die pa van Gases. Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf. Nog een van Kaleb se byvroue, Maäka, het geboorte gegee aan Seber en Tirgana. Sy het ook geboorte gegee aan Saäf, die pa van Madmanna, en Sewa, die pa van Makbena en Giba. Kaleb het ook ’n dogter gehad met die naam Aksa. Dit was die afstammelinge van Kaleb. Die seuns van Gur, die oudste seun van Kaleb se vrou Efrata, was Sobal, die pa van Kirjat-Jearim, Salma, die pa van Betlehem, en Garef, die pa van Bet-Gader. Die afstammelinge van Sobal, die pa van Kirjat-Jearim, was Reaja, helfte van Managat en die families van Kirjat-Jearim, die Jitreërs, Puteërs, Sumaners en Misraners. Uit hulle het die mense van Sora en Estaol voortgekom. Die seuns van Salma was Betlehem, die Netofaners, Atrot-Bet-Joab, die helfte van Managat, die Soreërs en die families van die skrywers wat in Jabes gewoon het, die Tirateërs, die Simateërs en die Sukateërs. Hulle was almal Keniete wat van Gammat, die pa van die familie van Rekab, afgestam het.