Kaleb, seun van Gesron, het Jeriot verwek by Asuba, sy vrou. Dit was haar seuns: Jeser, Sobab en Ardon. Toe Asuba sterf, het Kaleb vir hom Efrata as vrou geneem, en sy het Gur vir hom in die wêreld gebring. Gur het Uri verwek, en Uri het Besaleël verwek.
Later het Gesron met die dogter van Magir, die vader van Gilead, omgang gehad. Hy het haar as vrou geneem toe hy sestig jaar oud was. Sy het vir hom Segub in die wêreld gebring. Segub het Jaïr verwek. Hy het drie-en-twintig dorpe in die Gileadstreek besit. Gesur en Aram het egter Gawwoot-Jaïr van hulle afgeneem, asook Kenat en die omliggende dorpies – sestig dorpe. Hulle almal was die nageslag van Magir, die vader van Gilead.
Ná Gesron se dood in Kaleb-Efrata het Abia, Gesron se vrou, vir hom Asgur, die stigter van Tekoa, in die wêreld gebring.
Die seuns van Jeragmeël, Gesron se eersgeborene, was Ram, die eersgeborene, Buna, Oren en Osem by Agija. Jeragmeël het nog 'n ander vrou gehad; haar naam was Atara. Sy was die moeder van Onam.
Die seuns van Ram, Jeragmeël se eersgeborene, was Maäs, Jamin en Eker.
Onam se seuns was Sammai en Jada.
Sammai se seuns was Nadab en Abisur.
Die naam van Abisur se vrou was Abihajil. Sy het vir hom Agban en Molid in die wêreld gebring.
Nadab se seuns was Seled en Appajim. Seled het kinderloos gesterf.
Appajim se nageslag was Jisi
en Jisi se nageslag was Sesan,
en Sesan se nageslag was Aglai.
Jada, broer van Sammai, se seuns was Jeter en Jonatan. Jeter het kinderloos gesterf.
Jonatan se seuns was Pelet en Sasa.
Dit was die nageslag van Jeragmeël.
Sesan het nie seuns gehad nie, maar wel dogters. Sesan het 'n Egiptiese slaaf met die naam Jarga gehad. Sesan het toe sy dogter vir sy slaaf Jarga as vrou gegee. Sy het Attai vir hom in die wêreld gebring.
Attai het Natan verwek,
Natan het Sabad verwek,
Sabad het Eflal verwek,
Eflal het Obed verwek,
Obed het Jehu verwek,
Jehu het Asarja verwek,
Asarja het Geles verwek,
Geles het Elasa verwek,
Elasa het Sismai verwek,
Sismai het Sallum verwek,
Sallum het Jekamja verwek,
Jekamja het Elisama verwek.
Die nageslag van Kaleb, die broer van Jeragmeël, was Mesa, sy eersgeborene; hy was die stigter van •Sif; die nageslag van Maresa was die stigters van Hebron.
Die nageslag van Hebron was Korag, Tappuag, Rekem en Sema. Sema het Ragam verwek, die vader van Jorkoam. Rekem het Sammai verwek. Sammai se seun was Maon, en Maon was die stigter van Bet-Sur.
Efa, byvrou van Kaleb, het Garan, Mosa en Gases in die wêreld gebring. Garan het Gases verwek.
Die nageslag van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.
Maäga, byvrou van Kaleb, het Seber en Tirgana in die wêreld gebring. Sy het ook vir Saäf, die vader van Madmanna, en vir Sewa, die vader van Magbena en Giba, in die wêreld gebring. Kaleb se dogter was Agsa.
Dit was Kaleb se nageslag.
Die seuns van Gur, die eersgeborene van Efrata, was Sobal, die stigter van Kirjat-Jearim; Salma, die stigter van Betlehem; Garef, die stigter van Bet-Gader.
Die nageslag van Sobal, die stigter van Kirjat-Jearim, was Haroë, die helfte van die mense van Managat, en die volgende familiegroepe van Kirjat-Jearim: die mense uit Jeter, Put, Suma en Misra. Uit hulle het die mense van Sora en Estaol voortgekom.
Die nageslag van Salma was die mense van Betlehem, Netofa, Atrot-Bet-Joab, die helfte van die mense van Managat en Sora, en die volgende skrywerfamilies wat in Jabes gewoon het: die mense van Tira, Sema en Suga. Hulle is die Keniete wat van Gamma, die stigter van die Regab-beweging, afstam.