Dié kroon, die trots van die dronkaards van Efraim, sal met die voete vertrap word, dié krans van verwelkte blomme waaroor hulle roem, die stad hoog bokant die vrugbare vallei is soos 'n ryp voorvy: wie hom sien, pluk hom en kyk skaars na hom voor hy hom wegsluk. Daardie dag sal die Here die Almagtige die kroon wees, die krans waaroor dié sal roem wat van sy volk oor is. Hy sal aan dié wat reg moet spreek, 'n sin vir reg gee, Hy sal krag gee aan dié wat die aanval moet afslaan by die stadspoorte. Maar ook die priesters en profete hier in Jerusalem slinger en waggel van dronkenskap; hulle slinger, hulle is beneweld, hulle waggel van die wyn en die drank; die profete slinger wanneer hulle gesigte moet uitlê, die priesters loop twee rye spore wanneer hulle regsbeslissings moet maak. Al die tafels is vol braaksel, daar is nie 'n plek wat nie bemors is nie.
Lees JESAJA 28
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 28:3-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's