Naomi het 'n vermoënde familielid gehad van haar man Elimelek se kant af. Sy naam was Boas. Rut, die Moabitiese vrou, vra toe vir Naomi: “Mag ek lande toe gaan om are op te tel by iemand wat my toelaat om dit te doen?” Naomi antwoord haar: “Gaan gerus maar, my dogter.” Sy het toe geloop om in die land te gaan are optel agter die graansnyers aan. Sy het uitgekom by dié deel van die land wat behoort het aan Boas, die familielid van Elimelek. Boas het toe juis self uit Betlehem daar aangekom en hy het vir die snyers gesê: “Mag die Here by julle wees,” en hulle het hom geantwoord: “Mag die Here u seën.” Boas vra toe vir sy voorman: “Wie is daardie meisie?” en hy antwoord: “Sy is 'n Moabitiese meisie wat saam met Naomi van Moab af gekom het. Sy het gevra of sy are agter die snyers mag optel. Sy het toe gekom en is nog al die tyd besig van vanmôre af tot nou toe. Sy rus nou net 'n bietjie.”
Lees RUT 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: RUT 2:1-7
6 Dae
Rut, 'n liefdesverhaal wat God se liefde vir ons weerspieël, beskryf 'n lang siening van die geskiedenis – insluitend koning Dawid se … en selfs Jesus se agtergrond. Reis daagliks deur Rut terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
27 dae
As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Alles word deur God gebruik ten goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander.
7 Days
Unemployment can challenge us spiritually, physically, mentally and emotionally. This 7-day plan will help you seek God in the midst of the difficulties of unemployment.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's