In Betlehem was daar ’n welgestelde, invloedryke man met die naam Boas. Hy was familie van Naomi se man, Elimelek. Eendag vra Rut, die Moabitiese vrou, vir Naomi: “Mag ek gaan are optel op die landerye by iemand wat my sal toelaat om dit te doen?” Naomi antwoord haar: “Dis goed so, my dogter, gaan gerus.” Rut is na die landerye toe om agter die snyers te gaan are optel. Dit gebeur toe dat sy op die landerye van Boas, die bloedverwant van haar skoonpa, beland. Boas kom toe juis van Betlehem af en groet sy werknemers: “Die HERE is met julle!” het hy gesê. “Mag die HERE u seën!” antwoord die snyers. Toe vra Boas vir sy voorman: “Wie is daardie jong vrou?” Die voorman antwoord hom: “Sy is die jong vrou uit Moab wat saam met Naomi teruggekom het. Sy het vir my gevra of sy die are agter die snyers mag optel. Sy het nog die hele tyd aanmekaar gewerk, behalwe vir die kort tydjie toe sy daar onder die skuiling gaan rus het.”
Lees RUT 2
Luister na RUT 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: RUT 2:1-7
6 Dae
Rut, 'n liefdesverhaal wat God se liefde vir ons weerspieël, beskryf 'n lang siening van die geskiedenis – insluitend koning Dawid se … en selfs Jesus se agtergrond. Reis daagliks deur Rut terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
7 Days
Unemployment can challenge us spiritually, physically, mentally and emotionally. This 7-day plan will help you seek God in the midst of the difficulties of unemployment.
27 dae
As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Alles word deur God gebruik ten goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's