Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het. Die sonde was al in die wêreld nog voordat die wet van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie 'n wet is nie. Nietemin het die dood heerskappy gevoer van Adam af tot by Moses, ook oor mense wat nie gesondig het op dieselfde manier as dié waarop Adam oortree het nie. Daar is ooreenkoms tussen Adam en Hom wat sou kom, maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk. En met die gawe van God is dit anders as met die sonde van die een mens. Op die oortreding van die een mens het die oordeel gevolg en dit het tot veroordeling gelei, maar op die baie oortredings het die genadegawe gevolg en dit het tot vryspraak gelei. Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer. Soos een oortreding gelei het tot veroordeling vir alle mense, so het een daad van gehoorsaamheid dus ook gelei tot vryspraak en lewe vir almal.
Lees ROMEINE 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: ROMEINE 5:12-18
5 Days
These are unprecedented times for those of us who are alive on planet earth at this moment. Historically, we can find hope if we turn to the One who made it all and is Lord of all. What does the Bible say about why these things happen, what is God’s response to it, and what is my hope in life and death?
6 Days
Who is God? We all have different answers, but how do we know what’s true? No matter what your experiences with God, Christians, or church have been like, it’s time to discover God for who He really is—real, present, and ready to meet you right where you are. Take the first step in this 6-day Bible Plan accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, God Is _______.
10 Days
Discover more about God's amazing grace as you read these 10 Easter reflections from Our Daily Bread.
12 Days
This Bible Plan is for anyone who’s hurting and doesn’t understand why. If you’ve lost something, someone, or your faith feels stretched to the breaking point, then this Bible Plan from Life.Church Pastor Craig Groeschel’s book, Hope in the Dark, might be exactly what you need. If you want to believe, but you’re not sure how, this is for you.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's