Het ons nou iets uit onsself om op te roem? Nee, dit is uitgesluit. Deur watter wet? Dié van die werke? Nee, deur dié van die geloof. Ons betoog is tog dat 'n mens vrygespreek word omdat hy glo, nie omdat hy die wet onderhou nie. Of is God net God van die Jode, nie ook van die heidennasies nie? Ja, ook van die heidennasies, want daar is net een God. Hy sal die besnedenes deur die geloof en die onbesnedenes deur dieselfde geloof vryspreek. Hef ons dan deur die geloof die wet op? Beslis nie. Ons laat die wet juis tot sy reg kom.
Lees ROMEINE 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: ROMEINE 3:27-31
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's