Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges. Toe sing hulle 'n nuwe lied: “U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. U het hulle 'n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer.” Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge 'n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor uitroep: “Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.” Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.” Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het gekniel en God aanbid.
Lees DIE OPENBARING 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: DIE OPENBARING 5:8-14
7 Days
Praying for Your Elephant - Praying Bold Prayers
12 dae
Andrew Murray was een van die grootste Christen-skrywers ooit. Hierdie 12 kort en kragtige oordenkings uit sy dagboek DIE GODDELIKE GEHEIM sal jou herinner dat gebed die wonderlike krag het om ons te help om tot God te nader en sy nabyheid elke dag te ervaar. Onthou altyd dié geheim: Bid sonder ophou!
20 Days
It is our hope and prayer that the devotionals that follow will warm your heart and lift your spirit as they lead you to lean on the Lord, our Shepherd and our Guide through the valley of grief.
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's