PSALMS 81:13-16

PSALMS 81:13-16 AFR83

Daarom het Ek hulle laat begaan in hulle koppigheid en hulle het hulle eie sin en wil gevolg. Ag, as my volk maar na My wou luister, as Israel maar my wil wou doen, hoe gou sou Ek hulle vyande nie op die knieë bring en hulle teëstanders met my eie hand verslaan nie.” Dié wat voorgee dat hulle die Here dien, maar Hom haat, hulle straf sal vir altyd duur.