PSALMS 65:5-8

PSALMS 65:5-8 AFR83

Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies en laat naderkom om in u tempel te bly. Laat ons die goeie dinge in u huis in oorvloed geniet, die goeie dinge in u heilige woning. In u trou antwoord U ons met kragtige dade, o God, ons Verlosser, op wie ook die mense in afgeleë lande en op verre seë vertrou. U is met mag omgewe, U laat deur u krag die berge vas bly staan; U laat die gedruis van die see, die geraas van die golwe, die rumoer van die nasies bedaar