Vir die koorleier: op die wysie van “Lelies”. Van die Koragiete. 'n Gedig. 'n Lied van die liefde. Mooi woorde roer in my hart; ek dra my gedig voor aan die koning; my tong is soos die pen van 'n vaardige skrywer. U is mooier as alle mense; oor u lippe vloei net vriendelike woorde, want u hele lewe lank seën God u. Kom, held, maak u reg vir die stryd, kom in u koninklike luister. Mag u oorwin! Knoop die stryd aan vir die waarheid en vir die reg van die hulpelose! U is geroepe tot magtige dade. U skerp pyle laat volke voor u voete val; hulle deurboor die hart van die koning se vyande. U troon, verhewe wese, staan vir altyd vas, met u koninklike septer laat u geregtigheid geskied. U het die reg lief en u haat die onreg, want, verhewe wese, onder groot vreugde het u God u bo u tydgenote tot koning gesalf. Die geur van mirre, aalwyn en kaneel deurtrek al u klere; musiek uit u ivoorversierde paleis maak u bly. Voor u staan prinsesse, getooi met u juwele, en aan u regterhand die koningin, versier met goud van Ofir. Luister, dogter, luister goed: neem afskeid van u volk en u familie, want u skoonheid bekoor die koning. U behoort aan hom, u moet hom eer. Dogter van Tirus, die rykes van die volk sal u guns soek met geskenke. In louter prag staan die koningin daar in haar kleed van goudbrokaat; in haar veelkleurige rok word sy na die koning toe gelei; sy en haar gevolg van jong meisies, haar vriendinne, word na u toe gebring. Onder uitbundige vreugde word hulle ingelei, betree hulle die paleis van die koning! Mag u seuns hê om u geslag voort te sit dat u hulle kan aanstel as regeerders in die hele land!
Lees PSALMS 45
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 45:1-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's