PSALMS 42:1-5

PSALMS 42:1-5 AFR83

Vir die koorleier. 'n Gedig van die Koragiete. Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn? Dag en nag is ek in trane, want sonder ophou sê hulle vir my: “En waar is jou God nou?” As ek my lewe voor my laat verbygaan, dink ek daaraan hoe ek opgetrek het na die woonplek van God, voor 'n skare uit na sy huis toe geloop het met gejuig en lofsang – 'n skare wat feesvier.

Video for PSALMS 42:1-5