PSALMS 31:3-5

PSALMS 31:3-5 AFR83

Luister na my, red my tog gou. Wees vir my 'n rots om na toe te vlug, 'n bergvesting om my te red. Ja, U is my rots en my bergvesting, ter wille van u Naam sal U my voorgaan en my lei. Bevry my uit die vangnet wat hulle vir my gestel het, want U is my toevlug.