PSALMS 25:14-17

PSALMS 25:14-17 AFR83

Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. My oë is altyd op die Here gerig, want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou. Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote. Ek verkeer in die allergrootste nood; bevry my tog uit my ellende.