'n Pelgrimslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.” En nou is ons hier binne-in jou, Jerusalem! Jerusalem is die stad wat stewig gebou is, waarheen die stamme kom, die stamme van die Here. Dit is 'n voorskrif vir Israel om die Naam van die Here hier te loof. Hier word reg gespreek, hier lewer die koning sy uitsprake, die koning uit die geslag van Dawid. Bid dat Jerusalem vrede mag hê, dat hulle wat hom liefhet, rustig mag woon. Mag daar vrede wees binne jou mure, rus in jou wonings. Ter wille van my broers en my vriende wens ek jou vrede toe. Ter wille van die huis van die Here ons God bid ek dat dit met jou goed sal gaan.
Lees PSALMS 122
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 122:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's