U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog, U het alles in wysheid geskep. Daar is die see, groot en wyd, wat wemel van diere, klein en groot. Daar vaar die skepe, en daar is die Leviatan. U het hom gemaak om mee te speel. Hulle is almal van U afhanklik, U gee hulle kos op hulle tyd. U gee, en hulle eet, U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg. Maar as U U terugtrek, is dit klaar met hulle, as U hulle asem wegneem, is hulle dood en word hulle weer stof. U gee die lewensasem en daar is lewe; ook uit die grond laat U nuwe lewe spruit. Mag daar aan die roem van die Here geen einde wees nie! Mag die werk van die Here Hom vreugde verskaf, Hy wat na die aarde kyk, en dit bewe, wat die berge aanraak, en hulle brand. Ek wil tot eer van die Here sing so lank ek lewe, ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is. Mag hierdie bepeinsinge van my vir Hom aanneemlik wees! Ek wil my in die Here verbly. Mag die sondaars van die aarde af verdwyn, mag die goddeloses ophou om te bestaan!
Lees PSALMS 104
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 104:24-35
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's