SPREUKE 6:20-26

SPREUKE 6:20-26 AFR83

My seun, hou vas aan wat jou vader jou voorskryf; wat jou moeder jou leer, moet jy nie in die wind slaan nie. Dit moet jou altyd bybly, daarmee moet jy saamleef; dit sal vir jou leiding gee in wat jy doen, dit sal jou beskerm as jy slaap en jou lei sodra jy wakker word. Wat ek jou voorskryf, is 'n lamp, my onderrig is 'n lig; wie hom laat teregwys, is op die pad na die lewe toe. My onderrig sal jou beskerm teen die slegte vrou van 'n ander wat jou met haar gladde tong wil verlei. Moenie dat haar skoonheid jou begeerte wek nie, moenie dat sy jou vang met haar oë nie. Jy kan 'n prostituut kry vir 'n stuk brood, maar owerspel kan jou lewe kos.