SPREUKE 3:21-26

SPREUKE 3:21-26 AFR83

My seun, behou die takt en oorleg; moet dit nie uit die oog verloor nie, dit sal vir jou 'n mooi lewe verseker en soos 'n pragtige halssnoer vir jou wees; jy sal jou pad veilig loop en jou voet nie stamp nie; jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie; as jy gaan lê, sal jy rustig slaap. Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie.

Video vir SPREUKE 3:21-26

Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 3:21-26