Spreuke 3:21-26

Spreuke 3:21-26 AFR20

My seun, vindingrykheid en goeie oordeel – laat dit nie aan jou oë ontglip nie; hou daarby. Dit sal lewe wees vir jou wese, 'n sieraad vir jou nek. Dan sal jy veilig loop op jou pad; jou voet sal jy nie stamp nie. As jy gaan lê, sal jy nie verskrik wees nie, as jy lê, sal jou slaap soet wees. Jy hoef nie bang te wees vir 'n onverwagte verskrikking, of vir die teenspoed van goddeloses wanneer dit kom nie. Want die HERE sal aan jou sy wees, en Hy sal keer dat jou voet in 'n strik trap.

Video vir Spreuke 3:21-26

Gratis leesplanne en oordenkings oor Spreuke 3:21-26