SPREUKE 3:1-4

SPREUKE 3:1-4 AFR83

My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf, want dit sal vir jou 'n lang lewe verseker, dit sal maak dat jy 'n vol lewe het. Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens.

Video for SPREUKE 3:1-4