SPREUKE 20:28-30

SPREUKE 20:28-30 AFR83

Liefde en trou maak 'n koning veilig; deur liefde staan sy troon sterk. Die trots van jongmanne lê in hulle krag; die versiering van oumense is hulle grysheid. 'n Pak slae laat 'n mens ophou kwaaddoen; dit laat jou selfs ophou dink aan kwaad.