SPREUKE 17:9-11

SPREUKE 17:9-11 AFR83

Wie 'n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie 'n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende. 'n Enkele dreigement maak meer indruk op 'n verstandige mens as honderd houe op 'n dwaas. 'n Slegte mens is net op kwaad uit, maar iemand sal gestuur word om hom te straf.