SPREUKE 16:31-33

SPREUKE 16:31-33 AFR83

Ouderdom is 'n sierlike kroon; dit word bereik deur dié wat reg lewe. 'n Geduldige mens het meer waarde as 'n bedrewe vegter, 'n mens met selfbeheersing meer as iemand wat 'n stad inneem. Mense kan loot, maar die Here bepaal hoe dit uitkom.