SPREUKE 16:1-9

SPREUKE 16:1-9 AFR83

'n Mens kan sy voornemens hê, maar die laaste woord daaroor kom van die Here af. In sy eie oë is alles wat 'n mens doen, reg, maar die Here ondersoek die gesindheid. Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk. Die Here het alles gemaak met 'n doel, ook die goddelose vir die dag van straf. Die Here het 'n afsku van 'n verwaande mens; dit staan vas: so 'n mens sal nie ongestraf bly nie. Liefde en trou bring versoening waar daar verkeerd gehandel is; kwaad word vermy deur die Here te dien. As die Here tevrede is met 'n mens se lewe, laat Hy selfs so 'n mens se vyande in vrede met hom lewe. Liewer min hê en reg lewe as baie inkomste hê deur onreg. 'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.

Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 16:1-9

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid