SPREUKE 15:7-9

SPREUKE 15:7-9 AFR83

Wyse mense versprei kennis met wat hulle sê; dwase het verdraaide opvattings. Die Here het 'n afsku van die offers van goddeloses, maar Hy aanvaar die gebede van opregtes. Die Here het 'n afsku van die lewenswyse van goddeloses; maar Hy het dié lief wat volgens sy wil lewe.