SPREUKE 1:7-9

SPREUKE 1:7-9 AFR83

Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag. My seun, jy moet luister na die onderrig wat jou vader jou gee; moenie wat jou moeder jou leer, verontagsaam nie: dit sal jou lewe versier soos 'n krans jou kop en 'n kettinkie jou hals.