Nietemin het julle goed gedoen deur my in my moeilike omstandighede by te staan. Julle in Filippi weet ook dat in die begin van my evangelieprediking, na my vertrek uit Masedonië, geen enkele gemeente behalwe julle 'n aandeel gehad het aan my rekening van inkomste en uitgawe nie. Ook toe ek in Tessalonika was, het julle meer as een maal iets vir my behoeftes gestuur. Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. Maar ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg. Noudat ek van Epafroditos ontvang het wat julle gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. Aan ons God en Vader behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. Groete aan almal wat aan God behoort deur Christus Jesus. Die broers hier by my stuur vir julle groete. Ook al die gelowiges en veral dié wat aan die huis van die keiser verbonde is, stuur vir julle groete. Die genade van die Here Jesus Christus sal by julle wees.
Lees FILIPPENSE 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: FILIPPENSE 4:14-23
5 dae
Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons na situasies in die Bybel kyk wat die lewensveranderende krag van die evangelie aan mense wys wat dit vir die eerste keer hoor.
5 Dae
Tyd het ‘n waarde wat gekoppel is aan die ewigheid waarvan ons nie 'n begrip het nie. Die horlosie-arms wat ons lewens aanwys, kan sagte drukkies uitdeel asook harde realiteite uitwys. Hoe verstaan ons die goeie en die slegte tye vanuit ‘n menslike perspektief? Wat het veroorsaak dat selfs koning Salomo in die boek Prediker, só diep gedelf het in ‘n soeke na betekenis? In die wye spektrum wat die horlosie-arms aanwys kan ons ook introspeksie doen en in die gees hoër vlieg!
7 Days
Lent: a 40-day season of reflection and repentance. It’s a nice thought, but what does practicing Lent actually look like? Over the next 7 days, discover five spiritual habits you can start doing during Lent to help you prepare your heart for Resurrection Sunday—and beyond.
14 Days
This plan examines Paul's letter of hope and encouragement for the times of persecution and distress he and the Philippians faced.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's