Die Here is 'n God wat baie begaan is oor sy volk, 'n God wat Hom wreek. Die Here wreek Hom in sy gloeiende toorn, die Here wreek Hom op sy teëstanders, sy toorn ontvlam teen sy vyande. Die Here is lankmoedig, maar sy krag is groot: Hy laat geen skuldige ongestraf nie. Hy kom in rukwind en storm, wolke is die stof onder sy voete. Hy spreek die see aan en laat dit droog word, Hy laat al die riviere opdroog. Basan en Karmel verdor, die groenigheid op die Libanon verwelk. Berge bewe voor Hom, heuwels wankel; die aarde, die wêreld en almal wat daarin woon, deins terug wanneer Hy verskyn. Wie kan bly staan voor sy woede? Wie kan sy gloeiende toorn weerstaan? Sy gramskap breek deur soos 'n veldbrand. Rotse word voor Hom uit uitmekaar gebreek. Die Here is goed, Hy is 'n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil. Maar met 'n vloed wat alles meesleur, vee Hy die plek weg waar Nineve lê, jaag Hy sy vyande die duisternis in. Wat julle ook al teen die Here bedink, Hy maak dit tot niet. Daar sal nie weer verdrukking wees nie. Al is julle inmekaargevleg soos dorings, en al is julle deurweek van drank, julle sal soos kurkdroë stoppels verbrand word. Daar het een uit jou gekom, Nineve, wat kwaad bedink teen die Here, planne wat nie sal slaag nie.
Lees NAHUM 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: NAHUM 1:2-11
6 Dae
Nahum, wie se naam troos beteken, bring 'n boodskap van oordeel aan God se vyande en bring beide geregtigheid en hoop vir Israel. Reis daagliks deur Nahum terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
21 Days
What is God like? It’s a big question but an important one. What we understand about God will determine how we relate to Him. The more we know about God, the better our relationship will be. God reveals who He is throughout the Bible. Every name for God tells us something about Him. Reflect on God’s character for the next 21 days and see how your love for Him grows.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's