Ellende wag vir my, ek het geword soos 'n land wat afgeoes is, soos die natrossies in die wingerd. Daar is niks om te eet nie, en ek wou graag voorvye gehad het. Daar is nie meer 'n gelowige in die land nie, onder die mense kry jy nie 'n opregte nie, almal stel strikke om moord te pleeg, hulle maak met vangnette jag op hulle broers. Al wat die regeerder vra, is dat hulle goed moet sondig; die regter vra omkoopgeld, die vername praat net oor wat hy begeer. Hulle verdraai alles. Die beste onder hulle is soos 'n gifplant, die opregte erger as 'n doringheining. Die dag van jou straf kom, wees op die uitkyk daarvoor! Hulle sal binnekort in verwarring raak. Moenie 'n maat vertrou nie, moenie op 'n vriend staatmaak nie, pasop wat jy sê vir die vrou langs wie jy lê. Die seun beledig sy pa, die dogter kom in opstand teen haar ma, die skoondogter teen haar skoonma. 'n Man se huismense het sy vyande geword. Maar ek sal vertrou op die Here, ek sal wag vir die God wat my red. My God sal my gebed verhoor.
Lees MIGA 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: MIGA 7:1-7
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's