“Dit gaan nie goed met my nie. Ek voel soos iemand in ’n vrugteboord nadat die oes alreeds bymekaargemaak is. Daar het nie eens vir my ’n trossie druiwe of ’n enkele vy oorgebly om my honger weg te vat nie. So gaan dit in die land ook. Daar is nie meer mense wat in die Here glo nie. ’n Mens kry ook nie meer eerlike mense nie. Om die waarheid te sê, hulle bedrieg en vermoor hulle eie mense soos niks. Hulle is goed geskool in die kuns om verkeerde dinge te doen. Die ministers en die regters verwag omkoopgeld vir gunsies. Hulle is kop in een mus met mense in belangrike posisies wat maar net kan sê wat hulle graag wil hê en dan gebeur dit so. “Die bestes onder hierdie klomp bedrieërs is erger as ’n gifplant of selfs ’n bos met gevaarlike dorings. ’n Mens kan hulle doodeenvoudig nie vertrou nie. Maar dít moet hulle weet, die dag wanneer die Here hulle gaan begin straf, is baie naby. Chaos gaan dan losbreek. “Moet niemand vertrou nie, nie eens jou man of jou vrou of selfs jou beste vriend nie. Tel jou woorde! Dit sal sleg gaan tussen die ouers, kinders en skoonouers. Die seuns dink hulle pa is dom. Die meisies en skoondogters is opstandig teen hulle ma en skoonma. Jy hoef nie eens ver te soek vir jou vyand nie, hy is sommer in jou huis. “Ek het besluit ek sal my hulp by die Here soek. Ek sal geduldig wag tot Hy besluit dis nou die tyd om my te red. Verder weet ek die Here sal my gebed beantwoord.”
Lees Miga 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 7:1-7
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's