MATTEUS 6:4-6

MATTEUS 6:4-6 AFR83

sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.” “Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.

Video for MATTEUS 6:4-6