MATTEUS 5:5-9

MATTEUS 5:5-9 AFR83

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word. Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.