MATTEUS 27:3-8

MATTEUS 27:3-8 AFR83

Toe Judas, die verraaier, sien dat Jesus tot die dood veroordeel is, het hy spyt gekry. Hy het die dertig silwermuntstukke teruggebring na die priesterhoofde en die familiehoofde toe en vir hulle gesê: “Ek het gesondig. Ek het 'n onskuldige man verraai.” Maar hulle antwoord: “Wat het ons daarmee te doen? Dit is jou saak!” Judas het toe die geld in die tempel in gegooi, weggeloop en homself gaan ophang. Die priesterhoofde het die geld opgetel en gesê: “Dit is nie geoorloof om dit in die tempelfonds te stort nie, want dit is bloedgeld.” Hulle besluit toe om daarmee die grond van die pottebakker te koop as 'n begraafplaas vir vreemdelinge. Daardie stuk grond word tot vandag toe nog Bloedgrond genoem.