Dieselfde dag het Jesus van die huis af gegaan en by die see gaan sit. 'n Groot menigte het so om Hom saamgedrom dat Hy in 'n skuit geklim en daarin gaan sit het, maar die mense het almal op die strand bly staan. Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “'n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het 'n deel van die saad op die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgepik. 'n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. 'n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik. Die ander saad het in goeie grond geval en 'n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig. “Wie ore het, moet luister!”
Lees MATTEUS 13
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 13:1-9
6 dae
Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil van God is, ons leer wie God is, wat Hy wil hê ons moet doen en hoe ons Hom moet aanbid.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's