MATTEUS 12:9-14

MATTEUS 12:9-14 AFR83

Jesus het daarvandaan verder gegaan en in hulle sinagoge gekom. Daar was juis 'n man met 'n gebreklike hand. Hulle vra Hom toe: “Mag 'n mens iemand op die sabbatdag gesond maak?” Hulle bedoeling daarmee was om 'n klag teen Hom te kry. Hy sê toe vir hulle: “Wie van julle sal nie die een skaap wat hy het en wat op 'n sabbatdag in 'n sloot val, dadelik uithaal nie? Hoeveel is 'n mens nie meer werd as 'n skaap nie? Dan mag 'n mens mos op die sabbatdag goed doen.” Toe sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit.” Hy het dit gedoen, en sy hand was reg soos die ander een. Die Fariseërs het toe uitgegaan en planne beraam om Jesus om die lewe te bring.